Huisgenoot

/ TV-FLIEKS 27 SEP - 3 OKT

-

SABC3 AS I LAY DYING

Drama gegrond op William Faulkner se roman van 1930. ’n Sterwende ma vra haar kinders om haar op die dorpie Jefferson te begrawe. Hulle moet dan deur Mississipp­i se platteland reis om haar wens te vervul. Maar hul rit is nie sonder drama nie. Met James Franco en Tim Blake Nelson.

VRYDAG 28 SEPTEMBER 21:30 2013. 110 MIN. 16

KYKNET VIR DIE VOËLS Romantiese drama.

Die Huisgenoot-lesers Irma en Sampie de Klerk se liefdesver­haal was die inspirasie vir dié fliek. ’n Korrelkopr­abbedoe beland voor die kansel langs die seun wat haar kleintyd eindeloos geterg het. Sy’t tot onlangs geglo onafhankli­kheid is die enigste vorm van vryheid, maar hy laat haar van plan verander. Met Simoné Nortmann en Francois Jacobs.

SATERDAG 29 SEPTEMBER 20:00 2016. 125 MIN. O13

M-NET THE NEIGHBOR

Riller. ’n Middeljari­ge man is ongelukkig met sy bestaan en sy stagnerend­e huwelik. Sy lewe word onderstebo gekeer toe ’n aantreklik­e jong vrou en haar man langsaan intrek en hy vermoed sy word deur haar man mishandel. Met William Fichtner en Jessica McNamee.

SATERDAG 29 SEPTEMBER 21:00 2018. 105 MIN. 16

E.TV SEX TAPE

Komedie. Die vonke spat tydens Annie en Jay se eerste ontmoeting. Ná ’n huwelik van 10 jaar en twee kinders wil hulle daardie vonk herleef. Hulle maak ’n video van hul lakeneskap­ades, maar dit beland per ongeluk in die kuberruim. Met Cameron Diaz en Jason Segel.

SATERDAG 29 SEPTEMBER 21:40 2014. 94 MIN. 16SNT

E.TV STAR WARS: THE FORCE AWAKENS

Fantasie. Dertig jaar nadat Darth Vader en die Empire verslaan is, ontdek Rey ’n BB-8-robot wat weet waar die langverlor­e Jedi-meester Luke Skywalker hom bevind. Rey en ’n groep ruimterebe­lle span dan kragte saam om die gevaarlike First Order en hul bose leier, Kylo Ren, te stuit. Met Daisy Ridley, John Boyega, Oscar Isaac en Adam Driver.

SONDAG 30 SEPTEMBER 20:00 & MAANDAG 1 OKTOBER 23:00 2015. 136 MIN. O13

M-NET JUMANJI: WELCOME TO THE JUNGLE

Komedie. In dié opvolgpren­t van die 1990’skultusfli­ek ontdek vier tieners ’n ou videospele­tjiekonsol­e en word dan deur ’n speletjie “ingesluk”. Om terug te keer, moet hulle die virtuele wêreld van Jumanji oorleef. Met Dwayne Johnson, Kevin Hart en Karen Gillan.

SONDAG 30 SEPTEMBER 20:05 2017. 119 MIN. 13GT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa