Huisgenoot

TIAAN ONTHOU

-

1 NUUT OP DIE KASSIE

Op 1 Oktober begin Tiaan Onthou, waarin die bekende sjef Tiaan Langenegge­r (foto) die land platreis op soek na oumas se resepte.

2 SO WERK DIT

Tiaan het nou saamgewerk met Errieda du Toit, inhoudsver­vaardiger van Kokkedoor. “In elke program wys ’n ouma hoe sy haar bekende resep maak.” Op die foto is Ivy Johnson.

3 BOBAASSJEF

Tiaan ken sy storie in die kombuis. Hy was medewenner van Kokkedoor in 2013 en ook medebeoord­elaar in die bakreeks Koekedoor in 2014 en ’ 15.

4 PASGETROUD

Hy het in Julie afgehaak met Nadia Barnard, ’n wynmaker. Die paartjie het op ’n wynlandgoe­d op Stanford in die Wes-Kaap getrou. KYKNET BEGIN MAANDAG 1 OKTOBER 18:00

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa