EK IS RYK
ADAM TAS & STELLA
Dit is ’n kontemporêre duet wat die boodskap bring dat God sal sorg. Dié enkelsnit, wat deur Stella geskryf is, is ook op Adam se komende album ingesluit. Sy rasperstem en Stella se gevoelvolle vertolking vul mekaar aan. Sy is lid van Duis:Lig.