Palm- en geraamteplant patrone is nou die in ding, maar pasop vir te veel daarvan. Kies een of twee items met ’n dramatiese patroon en voeg dan plante by om die buite-binne-gevoel te skep.
Kies produkte wat van natuurlike materiale soos rottang, gras en goiing gemaak is.
Voeg ’n kontemporêre item by, soos ons met die kopersytafel gemaak het, om die vertrek ’n moderne gevoel te gee.