Hou by een kleurpalet wanneer jy met gedetailleerde patrone versier, soos ons met blou gemaak het. Dit bind die voorkoms goed bymekaar sonder dat dit te besig lyk.
Vul die patrone aan met gedempte skakerings soos wit, bruin en koper, en kontrasteer die koel bloue met aksentkleure, soos ons met ’n perskekleurige oorgooideken en ’n oranje-enblou strooikussing gedoen het.