Huisgenoot

PLATBROOD OF PIZZA

-

LEWER 6 BEREIDING: 10 MIN. BAK: 8-10 MIN.

1 kg brooddeeg VIR DIE PLATBROOD 200 g botter, gesmelt 6 knoffelhui­sies, fyngedruk 125 ml (½ k) vars koljander, grofgekap 20 vars basiliebla­re 2 sprietuie, fyngekap sout en peper VIR DIE PIZZA 125 ml (½ k) ui, gekaramell­iseer 200 g blokkies spek, gebraai 100 g bloukaas 30 g roket Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou twee bakplate byderhand. 1 Verdeel die deeg in ses stukke en rol uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. 2 Trek ’n stuk deeg aan albei punte om dit langer te maak en rol tot ’n dikte van 1-2 mm uit. Herhaal met die res van die deeg.

3 Vir die platbrood Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en plaas die uitgerolde deeg daarop. Plaas nog ’n bakplaat bo-op om die brood plat te hou. Bak 8-10 min. 4 Meng die botter, knoffel, kruie, sprietuie, sout en peper in ’n bak en verf dit oor die warm platbrode. Sit voor saam met sop of in stukke gebreek op mezze- of kaasborde.

5 Vir die pizza Voer die bakplate met bakpapier uit. Smeer die gekaramell­iseerde ui op die uitgerolde deeg. Verdeel die spek en kaas tussen die pizzabasis­se en bak tot die kaas gesmelt het. Strooi die roket oor en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa