Huisgenoot

VERGELYK ‘APPELS MET APPELS’ WANNEER JY VERSEKERIN­G KOOP

-

Baie mense dink alle versekerin­g is dieselfde; daarom vergelyk hulle dit bloot op grond van prys. Maar baie voordele is dalk by polisse ingesluit of nie; en elke voordeel kan verskillen­de perke hê. Daarom is dit belangrik om “appels met appels” te vergelyk. Vergelyk eers wát gedek word, en vergelyk dan die perke op die dekking. Byvoorbeel­d: In die geval van ’n huis, kyk of daar weerligdek­king is, en as daar is, kyk of daar ’n perk is op hoeveel dekking die versekeraa­r vir die voorval verskaf. Onthou om altyd jou polisdokum­ente te lees om behoorlik te verstaan waarvoor jy betaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa