Huisgenoot

EERLIKHEID IS DIE BESTE BELEID

-

Dit is belangrik dat jy al jou versekeraa­r se vrae eerlik en akkuraat beantwoord. Versekeraa­rs beoordeel jou risiko grootliks op grond van die antwoorde wat jy op die risikovrae verskaf wanneer jy versekerin­g uitneem. (Maar dit is aan die verander, want daar is bronne van inligting waarin die versekerin­gsbedryf kan delf om van jou antwoorde te bevestig.) Indien jou antwoorde nie vooraf geverifiee­r is nie, sal dit geverifiee­r word wanneer jy ’n eis indien. As die versekeraa­r uitvind jy het vals inligting verskaf, kan jou eis geweier of net gedeelteli­k uitbetaal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa