Huisgenoot

VOOR JY JOU VERSEKERIN­G KANSELLEER, HOU IN GEDAGTE:

-

As jy jou versekerin­g kanselleer wanneer jy geldelik in die nood is, kan jy jou finansiële situasie verswak. Versekerin­g bestaan vir daardie onbeplande risiko’s. Voor jy dit kanselleer, vra jou af of jy kan bekostig om die bate wat jy verseker te herstel of te vervang sou iets daarmee gebeur. ’n Uiterse voorval kan jou en jou gesin finansieel lamlê. Pleks van jou versekerin­g geheel en al kanselleer, oorweeg dit om die voordele te verminder, soos om van omvattend af te gradeer na net derdeparty of derdeparty, brand en diefstal, veral as jou motor ouer en afbetaal is. Oorweeg dit om al jou versekerin­g na een versekeraa­r te bring, want dit kan in die geheel goedkoper wees. Oorweeg dit ook om jou bybetaling te verhoog om jou maandeliks­e premie te verminder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa