Huisgenoot

’n Feesmaal van Franse resepte

-

Éclairs lyk altyd so indrukwekk­end, maar is in werklikhei­d nie moeilik om te maak nie.

LEWER 24-26 ÉCLAIRS BEREIDING: 30 MIN. STAAN: 15 MIN. BAK: 15 MIN.

ÉCLAIRS 125 ml (½ k) melk 125 ml (½ k) water 120 g botter, in blokkies gesny 15 ml (1 e) suiker 2,5 ml (½ t) sout

250 ml (1 k) koekmeel 3 eiers VIR AFRONDING spuitroom 100 g donkersjok­olade, gesmelt 50 g amandelvlo­kkies, opsioneel

Verhit die oond tot 190 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.

1 Éclairs Plaas die melk, water, botter, suiker en sout saam in ’n kastrol en verhit tot kookpunt. Roer aanhoudend tot die botter gesmelt is. 2 Haal die kastrol van die hitte af en roer die meel vinnig by tot ’n deeg begin vorm. 3 Plaas die kastrol terug op die stoof (op matige hitte) en roer aanhoudend met ’n houtlepel tot die deeg nie meer klewerig is en aan die kante van die kastrol óf die lepel vassit nie. 4 Skep die deeg in ’n skoon mengbak. Voeg ’n eier by en roer vinnig tot die eier deur die deeg gemeng is. Voeg nog ’n eier by en herhaal tot al die eiers in die deeg gemeng is. Die deeg sal glad en blink wees. 5 Skep die deeg in ’n spuitsak met ’n ronde punt. 6 Spuit 10 cm lange éclairs op die bakplaat en laat staan 15 min. op ’n koel plek. 7 Bak die éclairs 10-15 min. of tot dit goudbruin en gaar is. Sodra dit uit die oond kom, maak ’n gaatjie onder in elkeen met ’n happiestok­kie en pak op ’n draadrak. Laat heeltemal afkoel. 8 Vir afronding Sny die éclairs oop en spuit die room binne-in. 9 Drup die sjokolade oor en sprinkel die amandelvlo­kkies oor indien verkies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa