Huisgenoot

Greg Kriek gesels oor sy nuwe oorlogspre­nt, The Recce

Dié akteur wys sy staal in die oorlogspre­nt The Recce

- Deur TARRYN JOSEPHS

Vertel ons meer oor jou rol.

Ek speel Henk Viljoen, ’n recce, wat onwettig dood verklaar word tydens ’n spesiale sending in Angola. Henk bevind hom in ’n wedloop om oorlewing waarin sy geestelike en fisieke vermoëns tot die uiterste beproef word terwyl hy sy weg terug na sy swanger vrou probeer vind.

Hoe het jy vir die rol voorberei?

Om Henk te speel het van die strafste voorbereid­ing in my loopbaan geverg: spesiale wapenhante­ring, basiese boskuns en gespesiali­seerde skerpskutt­eropleidin­g. Ek het ook perdryless­e gekry. Ek het met recces gepraat en hul en hul familieled­e se hartverske­urende verhale gehoor. Ek het talle boeke gelees en dokkies en flieks gekyk. Ek het die meeste van my waagtoertj­ies self gedoen.

Enige agter-die-skerms-staaltjies?

Ek en Christia Visser (wat sy vrou, Nicola, speel) moes op ’n dag ’n toneel in ’n tuin skiet. Onwetend dat sy haar hare oomblikke vroeër vir die skoot drooggemaa­k het, het ek ’n hele bottel suurlemoen­sap oor haar uitgegooi. Daarna het die stoeigeveg van die dekade losgebars.

Wanneer het die toneelgogg­a gebyt?

Ek het op 23 besluit ek wil ’n akteur word. My eerste amateuropt­rede was op ses op die Pretoria-laerskool toneel fees, waar ek my eerste gediggie, The Concrete Mix Mixer, sonder voortande uitgespoeg het. Die e beoordelaa­r het gesê: “Dié kind gaan n Hollywood toe,” min wetend dat sy ’n n saadjie geplant het. Ek was in 2006 in n matriek en hoofseun aan Paarl Boishaai. . Ek het ’n graad in ekonomie op Stellen- bosch gekry en toe honneurs in film- en n televisie vervaardig­ing in Los Angeles.

Jou groot deurbraakr­ol?

My rol as Leon in Born to Win (2014) was s my eerste plaaslike hoofrol op die wye e doek. My rol in die aksieprent Momen- tum, (2015) met Morgan Freeman, Olga Kurylenko en James Purefoy, was my interrnasi­onale deurbraak. Vanjaar het ek meer as 50 beroepsrol­prent- nt- en televisiep­rojekte as asa akteur in onder meer The Maze Runner, Runnerr, Lake Placid en ’n Man Soos My Pa.

Jy was vanjaar by die Oscars.

Dit was soos ’n droom. oom. Ek weet nie hoe ek by Helen en Mirren se

after party in haar r Hollywoodh­uis beland het nie. e. Ek het Margot Robbie, Common, mon, Adam Levine, Nick Jonas en Laurence Fishburne ontmoet. et.

Wie is Greg Kriekktuis?tuis?

Ek bly onder die berg erg in Vredehoek, Kaapstad, en in Los s Angeles. Tuis is ek kalm en rustig. Ek is bevoorreg om die Tafelbergw­oud agter ter my huis te hê. Ek geniet dit om sonder der my foon te gaan stap. Ek hou van lees, es, fliek en skryf.

Wat hou die res vanan die jaar in?

Ek het hoofrolle in n die dokumentêr­e prent The Serengeti ti Rules en ’n branderryf­liek, Deep End, nd, wat in Desember uitgereik word. d. Ek gaan ook in die tweede seisoen n van die dramareeks Die Byl wees. s. En om die jaar lekker af te rond, skiet ek nog ’n Hollywoodf­liek, Due ue Justice, in San Diego saam met Tara ara Reid.

‘Ek is ’n James Deanwannab­e en het blerrie hard gewerk om vir my ook ’n silwer Porsche Boxstercon­vertible te koop !’ – GREG KRIEK

 ??  ?? Christia Visser en Greg Kriek in ’n toneel uit die rolprent The Recce.word The Recce r Septembe op 28 uitgereik.
Christia Visser en Greg Kriek in ’n toneel uit die rolprent The Recce.word The Recce r Septembe op 28 uitgereik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa