Huisgenoot

DIE BANKE ONDER BELEG

-

Banke soos Absa, FNB, Standard Bank en Nedbank se getuienis voor Zondo dui daarop dat topleiers van die ANC hulle probeer oorreed het om nie die Guptareken­ings te sluit nie, al het hulle ingevolge bankwetgew­ing en -regulasies genoeg rede gehad om dit te doen. Die banke se uitvoerend­e amptenare is in 2016 daaroor na Luthulihui­s ontbied. Die “Guptaminis­ter” Mosebenzi Zwane (intussen vort uit sy mineralebr­onnepos) het destyds ’n interminis­teriële kommissie aangestel om die banke se stappe teen die Guptas te bevraagtek­en. Zondo het gehoor Enoch Godongwana, hoof van die ANC se ekonomiese transforma­siekomitee, het aan Johan Burger, die gewese uitvoerend­e hoof van FirstRand Group, ’n teks- boodskap gestuur om ’n vergaderin­g te reël oor waarom FNB die rekenings van die Guptas en hul familiebel­ange gesluit het. Burger was die enigste van die vier banke se base wat nie met Luthulihui­s of Zwane-hulle vergader het nie.

“In my 32 jaar in die bankwese het ’n derde party nog nooit kliënt/bankverhou­dings bevraagtek­en nie,” het hy aan Zondo gesê.

Die destydse ANC-sekretaris-generaal, Gwede Mantashe (nou minister van minerale bronne), het op ’n Business Leadership SAsaamtrek in 2016 ook vir Maria Ramos, Absauitvoe­rende hoof, ’n vergaderin­g gevra om die rekeningsl­uitings te bespreek. By Luthulihui­s aangekom, het Ramos, ’n voormalige direkteur-generaal by die tesourie, vir Mantashe gesê dié sou “’n kort ontmoeting wees” as hy van haar verwag om enigiets te bespreek wat met kliëntvert­roulikheid verband hou.

Yasmin Masithela, Absa se strategieh­oof, het gesê die verontagsa­ming van internasio­nale bankregula­sies “kan tot die herroeping van ’n banklisens­ie en strafregte­like aanspreekl­ikheid lei. Daar was bewyse van ’n groot oordrag van geld tussen Oakbay en verwante partye.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa