Huisgenoot

STEAK MET MAKLIKE BÉARNAISES­OUS

-

Die Franse is gek oor hul steak, baie soos ons Suid-Afrikaners. Ons gebruik ’n bavette-snitsteak vir dié kafeekos en rond dit af met ’n maklike weergawe van ’n béarnaises­ous. GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 20 MIN. SOUS 30 ml (2 e) botter 1 rooi-ui, fyngekap 30 ml (2 e) witwynasyn 2 eiergele (die eiers moet baie vars wees) 250 ml (1 k) olyf-en-saadolieme­ngsel sap van ½ suurlemoen 5 ml (1 t) dijonmoste­rd 30 ml (2 e) pietersiel­ie, gekap sout STEAK 500 g bavette-steakporsi­es 15 ml (1 e) olyfolie vars gemaalde peper 15 ml (1 e) botter TJIPS olie, vir diepvetbra­ai 4 aartappels, in baie dun tjips gesny (met die skil aan) sout VIR VOORSIT

spinasie, geroerbraa­i

1 Sous Verhit die botter in ’n pan en braai die ui oor lae hitte tot sag. Voeg die asyn by en roerbraai tot dit amper weggekook is. Skep uit en hou eenkant. 2 Plaas die eiergele, olie, suurlemoen­sap en mosterd saam in ’n diep beker. Pols met ’n staafmenge­r tot die mengsel lekker dik, lig van kleur en romerig is. Roer die uiemengsel en pietersiel­ie deur en geur met die sout na smaak.

3 Steak Smeer die steaks met die olie en geur oraloor met sout en vars gemaalde peper. Verhit ’n pan tot rookwarm en seël die steaks aan alle kante tot goudbruin. Voeg die botter by en braai nog 2-3 min. of tot die steaks gaar is soos verkies. Skep uit en hou eenkant om te rus. 4 Tjips Verhit die olie in ’n diep kastrollet­jie en braai die tjips in sarsies tot goudbruin en gaar. As die tjips dun genoeg gesny is, sal dit vinnig braai. Geur met die sout.

5 Vir voorsit Skep die sous oor die steak en sit voor saam met die tjips en spinasie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa