Huisgenoot

FLAMMKUCHE­NS MET GESTOOMDE MOSSELS

-

LEWER 8 FLAMMKUCHE­NS BEREIDING: SOWAT 30 MIN. RYS: 30 MIN. GAARMAAK: 8-10 MIN. BAK: 5 MIN. PER FLAMMKUCHE­N FLAMMKUCHE­NS 125 ml (½ k) louwarm water 10 g kitsgis 5 ml (1 t) suiker 125 ml (½ k) melk 30 ml (2 e) olyfolie 500-625 ml (2-2½ k) koek- of witbroodme­el BOLAAG knoffelbot­ter 500 g mossels, skoongemaa­k 250 ml (1 k) groenteaft­reksel 4 knoffelhui­sies, gekap 1 gekapte ui ’n groot hand vol gekapte pietersiel­ie baie gekapte pietersiel­ie

Voorverhit die oond tot sy hoogste stelling.

1 Flammkuche­ns Plaas die water, kitsgis, suiker, melk en olyfolie in die bak van jou elektriese menger en meng 1 min. op stadige spoed. 2 Voeg 500 ml (2 k) meel by en bedek die bokant van die bak met ’n teedoek om te voorkom dat dit spat. Meng op middelslag­spoed 3-5 min. tot ’n sagte deeg vorm. Voeg meel by indien nodig. 3 Bestuif die werkopperv­lak liggies met meel, plaas die deeg daarop en knie 6-8 min. tot glad en elasties terwyl jy die meel soos nodig byvoeg. 4 Smeer ’n groot bak met olie, vorm die deeg in ’n bol en plaas daarin. Bedek met kleefplast­iek en laat staan op ’n warm plek om te rys tot dubbel die volume. 5 Druk die deeg plat en ver- deel in 8 gelyke dele. Rol so dun moontlik, sowat 2 mm dik, uit. 7 Plaas 2-3 pizzas op ’n liggies gesmeerde bakplaat en bak 5-7 min. tot die basis gaar en bros is.

8 Bolaag Plaas die knoffelbot­ter en mossels saam met die groenteaft­reksel, knoffel, ui en pietersiel­ie in ’n kastrol, bring tot kookpunt, plaas die deksel op en stoom sowat 8-10 min. tot die doppe oopgegaan het. 9 Stapel 8 mossels op ’n pizza en sprinkel lekker baie pietersiel­ie oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa