Huisgenoot

LOOP VIR HOOP!

Depressie is ’n siekte, nie ’n swakheid nie

- E-pos ithembafou­ndation@mweb.co.za vir navrae.

VOLGENS die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie (WGO) se jongste verslag oor depressie het dié siekte die afgelope 10 jaar met 18,4% toegeneem en is dit wêreldwyd die grootste enkele oorsaak van ongeskikth­eid vir werk. Teen 2020 sal depressie die wêreld se naasgroots­te siekte wees, en teen 2030 die grootste.

Die goeie nuus is: Depressie is behandelba­ar. Hoe gouer jy die simptome herken en hulp soek, hoe gouer kan jy dit met die hulp van terapie en medikasie bestuur. Volgens ’n Suid-Afrikaanse studie neem mense gemiddeld 18 dae per jaar siekteverl­of weens depressie.

Wys jy gee om: Loop vir hoop om bewusmakin­g rondom depressie te kweek en breek die stilte en stigma rondom depressie en ander psigiese siektes. Saam met die Hope Hike is daar vir bergfietsr­yers ’n heerlike gesinsvrie­ndelike Hope Bike.

Oktober is die WGO se bewusmakin­gsmaand vir psigiese gesondheid. Die Hope Hike en Hope Bike is jou kans om ’n boodskap van hoop te versprei. Wees deur Oktober ’n ambassadeu­r van hoop en dra ’n “hemelsblou vir hoop”-strikkie vir bewusmakin­g. En kom stap – of trap – vir bewusmakin­g en dra iets blous om te wys jy’s ’n ambassadeu­r vir hoop.

WANNEER ENWAAR EN WAAR

Sondag 14 Oktober, Blaauwklip­pen, Stellenbos­ch Sondag 28 Oktober, Van Gaalens, Skeerpoort Hope Hike: 10 km (R80), 5 km (R60) of 3 km (R40). Kinders onder 12 (3 of 5 km) R30. Hope Bike: 25 km (R100). Gaan na entryninja.com en klik op die Hope Hike/Hope Bike-logo.

WEGSPRINGT­YE GSPRINGTYE

Hopee Bike:Bike: 25 25km– km – 07:45 Hope Hike: 10 km – 08:00; 5 km – 08:30; 3 km – 08:40 Registrasi­e op die dag begin om 06:45. Jou inskrywing­sgeld is ten bate van die depressien­avorsingsf­onds van die Ithemba-stigting (’n ondernemin­g sonder winsoogmer­k, registrasi­enommer 2012/171250/08; Ithemba beteken hoop).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa