Huisgenoot

Mediese deurbrake

Verbreed jou kennis oor antieke geneeskund­e en hoe dit die oorsprong van moderne praktyke was

-

AS JY deesdae seerkry, kan jy behandelin­g in ’n dokter se spreekkame­r of die hospitaal kry. Daar is goeie medisyne en mediese tegnieke om jou gesond te maak. Die mens se mediese kennis is gebou op ontdekking­s deur duisende jare. Ons kyk terug na ontwikkeli­ngs deur die eeue en fokus dan op twee dokters se enorme deurbrake waardeur miljoene lewens gered kon word.

MEDISYNE IN DIE VROEË TYE

Voor daar ’n wetenskapl­ike benadering tot die geneeskund­e was, het mense in die ou tyd plante en dele van diere as moetie gebruik. Die behandelin­g het dikwels gepaardgeg­aan met toorkuns, beswerings, ’n gedans en allerhande truuks van die sjamaan of toordokter. Net so was boererate in die ou dae al uitweg vir mense op afgeleë plekke wat nie ’n dokter kon besoek nie. Soms was daar rate wat gehelp het, maar dit kon ook dodelik wees. Baie mense gaan vandag nog na alternatie­we of tradisione­le helers om hulle gesond te maak. ANTIEKE GENEESKUND­E CHINA was meer as 2 000 jaar gelede die leier op die gebied van die geneeskund­e. Hulle het teen omstreeks 100 v.C. van die beste dokters ter wêreld gehad. Tydens Europa se Middeleeue het die Chinese al duisende resepte vir medisyne gehad. Hulle het geweet hoe nodig higiëne is en het mens mense aangemoedi­g om water te kookk kook voor hulle dit drink, om gesonde k kos te eet, oefening te doen en sttr stres te vermy. Twee kons konsepte van Chinese medisynee medisyne i is belangrik: die jinjang (balla (balans) en qi (lewens- krag). Een manier om balans te verkry is om die qi met dun naalde te ontblok. Dit staan as akupunktuu­r bekend. Die naalde word in die vel getik op plekke aan die liggaam waar die qi glo verstop is. Klink dit vir jou ook seer? Die meeste mense sê dit kielie of jeuk net ’n bietjie. Kan jy glo dat akupunktuu­r 4 000 jaar gelede begin is en vandag nog gebruik word!

ANTIEKE EGIPTENARE het sekere plante en dwelmmidde­ls gebruik, waaronder kasterolie, sennablare en opium. Hulle kon gebreekte bene spalk en selfs oogoperasi­es uitvoer. Verder het hulle fisio- en hitteterap­ie gebruik om pyn te verlig.

ANTIEKE GRIEKE Die antieke Grieke het die geneeskund­e as ’n wetenskap beoefen. Hippokrate­s, die bekendste dokter van sy tyd (omsteeks 400 v.C.), het geglo siektes het natuurlike oorsake. Tot vandag toe volg dokters steeds sy raad om mooi na die simptome te kyk en die feite dan te gebruik om hul pasiënte te behandel. Die ou Grieke het wonde met steke toegewerk en onder meer die spuitnaald uitgevind.

DIE ROMEINE het baie Griekse gebruike oorgeneem om vooruitgan­g te maak. Hulle het hospitale gebou, veral om beseerde soldate te behandel.

Met MMet die regte toerusting kon Romeinse Roome dokters onder meer katarakte kaata verwyder, vloeistoww­e ssto dreineer en gate in pasiënte ppa se skedels boor. Claudius CCl Galenus ( 129210 2 n.C.) neem ’n belangrike plek p in die geskiedeni­s van die d Westerse geneeskund­e k in. Sy geskrifte het die mediese wetenskap we byna 1 500 jaar lank l k oorheers. h

OTTOMAANSE RYK Die opkoms van die Islam in die sewende eeu het tot groot mediese vooruitgan­g gelei. Moslemgele­erdes het mediese tekste van oor die wêreld versamel en vertaal, insluitend van die Grieke, Romeine, Perse en Indiërs.

Hulle het nuwe tegnieke ontwikkel in die geneeskund­e, disseksie, chirurgie en farmakolog­ie. Islamities­e hospitale het antiseptie­se middels soos alkohol gebruik om wonde skoon te maak. Hulle het alles skoon probeer hou.

Moslemdokt­ers het opium as narkotika gebruik om tande te trek en lang operasies uit te voer. Dokters soos Avicenna, oftewel Ibn Sina (980-1037 n.C.), het geweet sekere siektes soos melaatshei­d, tering en pokke is aansteekli­k. Dit sou egter nog honderde jare duur voor die groot deurbraak om ’n siekte soos pokke hok te slaan.

 ??  ??
 ??  ?? Akupunktuu­r behels dat naalde in die pasiënt se vel getik word om die qi oftewel lewenskrag vry te laat vloei. Dit is reeds 4 000 jaar gelede deur die antieke Chinese genesers gebruik en word vandag steeds as terapeutie­se tegniek ingespan.
Akupunktuu­r behels dat naalde in die pasiënt se vel getik word om die qi oftewel lewenskrag vry te laat vloei. Dit is reeds 4 000 jaar gelede deur die antieke Chinese genesers gebruik en word vandag steeds as terapeutie­se tegniek ingespan.
 ??  ?? Antieke Egiptiese mediese instrument­e soos uitgebeeld in die Tempel van Kom Ombo, wat tussen 180 en 47 v.C. gebou is. ’n Kunstoon van hout en leer uit antieke Egipte om iemand wat ’n toon verloor het weer te help loop.
Antieke Egiptiese mediese instrument­e soos uitgebeeld in die Tempel van Kom Ombo, wat tussen 180 en 47 v.C. gebou is. ’n Kunstoon van hout en leer uit antieke Egipte om iemand wat ’n toon verloor het weer te help loop.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 'n Fresko (muurskilde­ry) van die Santa Maria della Scala-hospitaal in Siëna, Italië, deur Domenico di Bartolo. Die hospitaal was van die laat 1300's af in gebruik en is in die 18de eeu by die plaaslike universite­it ingelyf. Dit is tans 'n museum. 'n Laboratori­um in die 18de eeu.
'n Fresko (muurskilde­ry) van die Santa Maria della Scala-hospitaal in Siëna, Italië, deur Domenico di Bartolo. Die hospitaal was van die laat 1300's af in gebruik en is in die 18de eeu by die plaaslike universite­it ingelyf. Dit is tans 'n museum. 'n Laboratori­um in die 18de eeu.
 ??  ?? Dié illustrasi­e van 'n pasiënt wat vir pokkies behandel word, kom uit Al Qanun Fi AlTibb (die Kanon van die Geneeskund­e) – 'n mediese ensikloped­ie wat in 1025 deur Avicenna voltooi is, 'n baanbreker-Moslemdokt­er wat as die vader van die moderne wetenskap beskou u word.
Dié illustrasi­e van 'n pasiënt wat vir pokkies behandel word, kom uit Al Qanun Fi AlTibb (die Kanon van die Geneeskund­e) – 'n mediese ensikloped­ie wat in 1025 deur Avicenna voltooi is, 'n baanbreker-Moslemdokt­er wat as die vader van die moderne wetenskap beskou u word.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa