Huisgenoot

JustinenHa­ileyis steedsdolv­erlief

-

HY HET naam gemaak deur in die strate van sy geboortela­nd, Kanada, musiek te maak en die videogrepe op YouTube te laai. Maar al is hy nou ’n megaster met min om te bewys, doen Justin Bieber dit steeds. Gelukkige Beliebers wat toevallig verlede maand by die Buckingham­paleis verbygesta­p het, is met ’n impromptu-uitvoering bederf waartydens Justin (24) ’n paar van sy treffers uit volle bors gesing het.

Maar volgens ’n omstander was dié spontane konsert nie eintlik vir sy legio aanhangers nie, maar eerder ’n intieme uitvoering vir sy verloofde, Hailey Baldwin. “Niemand het Justin herken nie, want hy het ’n kappie opgehad,” het ’n ooggetuie aan die tydskrif People gesê. “Toe haal hy sy kitaar uit en begin vir Hailey ’n serenade sing terwyl sy hom met haar foon opneem. Hy het sowat 20 minute gespeel en ’n weergawe van Tracy Chapman se Fast Car aan haar opgedra deur te sê: ‘Dis vir die liefde van my lewe.’”

En dit lyk of die 21-jarige model dieselfde voel. Sy het onlangs teenoor die tydskrif Glamour hart oopgemaak oor hoe hul romanse haar met liefde laat wat “uit haar siel stroom”.

Terwyl sy tydens die onlangse Londense Modeweek gepraat het, het die blonde skoonheid gesê: “My ma sê vir my: ‘Jy is net so vreedsaam, ek dink nie ek het jou al ooit so gesien nie.’”

Maar al kan die twee nie uitgepraat raak oor hul liefde vir mekaar nie, rep hulle nie ’n woord oor of hulle al getroud is of nie.

Die gerugte loop dat hulle verlede maand in die geheim afgehaak het en dit klink beslis of Hailey se oom die akteur Alec Baldwin (60) ook so dink.

“Hulle het net gaan trou, en ek weet nie wat die storie is nie. Ons stuur elke af en toe vir Hailey ’n teksboodsk­ap. Ons het hom een keer ontmoet,” het die 30 Rock-ster ster onlangs gesê van die paartjie, wat at vroeër opgemerk is waar hulle by die huweliksbu­ro van die New Yorkse hofgebou uitstap.

Maar Alec se kommentaar het gekom dae nadat Hailey op Twitter ontken het sy en Justin is getroud .

“Ek verstaan waar die bespiegeli­ng vandaan kom, maar ek is nog nie getroud nie!” het sy volgehou, maar later dié twiet uitgevee. Wat gaan aan, ouens?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa