Huisgenoot

FLENTERTJI­EVLEIS IN EIERWITTOR­TILLAS

-

“Die eierwittor­tillas is baie eenvoudig. Ons probeer om nie elke dag brood te eet nie en dit bevat lekker baie proteïen.” GENOEG VIR 4-6 MENSE (LEWER 12-16 TORTILLAS) BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 2½-3 UUR FLENTERTJI­EVLEIS 2 uie, gekap 1,3 kg lamstowevl­eis ’n groot hand vol kruie soos pietersiel­ie, salie en kruisement 300 g aartappels, geskil en gekap sout en peper na smaak melk EIERTORTIL­LAS olie of kossproei 6 eierwitte, liggies geklop, net om effens los te maak geroosterd­e sesamsade of neutsprink­els sout en peper VIR VOORSIT repies groente, soos peulertjie­s, skyfies agurkies en mentblare hummus en/of romerige knoffeljog­urt

Voorverhit die oond tot 160 °C.

1 Flentertji­evleis Plaas die uie in ’n oondvaste bak. Pak die vleis bo-op en

sprinkel die kruie en aartappels oor. Geur goed met die sout en peper en giet genoeg melk by sodat die vleis halfpad in die melk lê. Bedek, plaas in die oond en bak sowat 3 uur tot die vleis van die bene val. Trek die vleis in rafels.

2 Eiertortil­las Maak ’n kleefvrye pan, sowat 10 cm in deursnee, goed warm, verf met die olie of bespuit met kossproei. 3 Gebruik ’n hittebesta­nde kwassie en smeer vinnig die hele pan met ’n lagie eierwit; die eierwit stol onmiddelli­k. 4 Besprinkel die tortilla met die sade, sout en peper. Die tortilla begin van die kante wegtrek; dis ragfyn. As jy dit per ongeluk dik gemaak het, kan jy dit vinnig omdraai. Skep uit en herhaal met die res van die eierwit.

5 Vir voorsit Plaas die vleis, groente, agurkies en mentblare op die tortilla en skep die hummus en jogurt oor. Rol op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa