Huisgenoot

MA LEES SKELM KIND SE DAGBOEK

-

VEk is 16 en my ma respekteer nie my privaathei­d nie. Sy leen my grimering en juwele sonder om te vra. Sy kom gereeld by my kamer in om my skottelgoe­d te kom haal. Ek vermoed sy het eenkeer van my dagboek inskrywing­s gelees. Ek het niks om weg te steek nie, maar skielik mag ek skaars uitgaan. Dis so onregverdi­g. Ek het haar gevra of sy dit gedoen het, maar sy wil nie daaroor praat nie. Ek weet nie wat om te doen nie. TD op VW

AEk is jammer oor jou verlies van vertroue in jou ma. Dit gaan moeilik wees om die vertrouens­verhouding te herstel. Ouers vergeet maklik hoe moeilik dit is om volwasse te word en dat tieners ’n uitlaatkle­p benodig. Om te skryf help om emosies te verwerk.

Sommige ma’s sal jou probeer oortuig hulle lees hul kinders se dagboek omdat hulle besorgd is. Maar sulke selfregver­digings gee ’n ouer nie die reg om agter iemand se rug in sy persoonlik­e ruimte speurwerk te doen nie.

Ouers het wel sekere inligting nodig om jou te beskerm, byvoorbeel­d om te weet waar jy is en hoe laat jy by die huis sal wees. Maar die opteken van jou emosies in ’n dagboek is privaat.

Jy is sekerlik ook bekommerd oor met wie sy die inligting gedeel het. Aangesien sy nie ’n openhartig­e gesprek met jou hieroor wil voer nie, sal jy nie kan vasstel nie. Dalk is die uitweg om ’n gesprek oor respek te voer pleks van haar weer oor die dagboek te konfrontee­r.

Vra haar dan ook kalm om eers jou verlof te vra voor sy jou grimering en juwele gebruik. Verseker haar dat jy haar als sal vertel wat sy moet weet om ’n goeie ouer te wees.

Bou van jou kant weer aan vertroue. Hou aan om niks weg te steek nie, veral wat veiligheid betref. Wees eerlik oor wat jy op jou selfoon en aanlyn doen.

En neem gerus self jou skottelgoe­d terug na die opwasbak en help met die huistakies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa