Huisgenoot

Joost-broer se eksvrou praat

- Deur JANA VAN DER MERWE

SY IS die toonbeeld van selfvertro­ue toe sy haar lenige bene oormekaar kruis. ’ n Innerlike krag straal uit haar blou oë. In lewende lywe lyk Marijke van der Westhuizen selfs mooier as op die kassie in die gedaante van haar karakter, Maryke de Villiers, in die kykNET-sepie Getroud met Rugby. Jy sou nooit raai dié sproetgesi­gskoonheid het die moeilikste tyd agter die rug nie.

Marijke moes die dood van haar geliefde swaer, die Springbokr­ugbylegend­e Joost van der Westhuizen, verwerk nadat motorneuro­nsiekte sy lewe op 6 Februarie verlede jaar kortgeknip het.

Maar dit was nie al nie. In die nadraai van haar swaer se jare lange stryd teen dié siekte is sy in Junie verlede jaar geskei van Joost se ouer broer, Pieter (48), met wie sy sewe jaar lank getroud was.

Dié egskeiding het gekom midde-in die hofstryd tussen Pieter en Amor Vittone, Joost se vervreemde vrou, oor sy testament.

In Desember het Marijke (35) haar dansskool in Centurion verkoop en met haar en Pieter se seuntjie (7) na Johannes- burg getrek om ’n nuwe hoofstuk te begin.

“Dit was ’n jaar met baie uitdagings,” erken sy waar ons vandag naby die Getroud met Rugby-ateljee in Auckland Park, Johannesbu­rg, gesels.

“Joost se dood was vir ons almal moeilik. Ons moes elke dag toekyk hoe hy agteruitga­an. Niks kon ons voorberei op die dag toe dit gebeur nie. Ons het almal saam as familie gerou.”

Sy vertel kort voor Joost se dood is haar seuntjie se geliefde hondjie, Joggie, ook dood. Sowat ’n maand nadat Joost oorlede is, het haar seuntjie buite gespeel en toe kom vertel hy het in die wolke gesien hoe gelukkig Joggie en oom Joost is. “Oom Joost speel weer rugby,” het hy gesê.

Marijke sê sy het in dié mooi oomblik berusting gevind. “Ek dink steeds elke dag aan Joost en maak ons seuntjie as ’n trotse Van der Westhuizen groot. Hy sal selfs in sy oom Joost se J9-rugbyhempi­e slaap as hy kan. Hy was baie lief vir hom.”

Sy vertel al is sy en Pieter op goeie voet uitmekaar, was dit nie maklik nie. “Ek het gelukkig ’n groot ondersteun­ingsnetwer­k, maar soms wil jy by mense wees en soms nie. Eendag, toe ek nog tussen Pretoria en Johannesbu­rg moes pendel, was ek so deur emosie oorweldig dat ek langs die hoofweg moes aftrek. Ek het my huil gehuil en vir myself gesê om diep asem te haal. Ek het deurentyd myself toegelaat om uiting aan my emosie te gee. Dit het my op my knieë voor die Here gehou. By hom kon ek skree, gil of huil.”

Oor die redes vir hul egskeiding wil sy nie uitwei nie, maar sy vertel al het hulle as lewensmaat­s uitmekaarg­edryf, het Joost se dood en haar egskeiding van die Bokheld se ouer broer het Marijke van der Westhuizen laat struikel, maar sy het opgestaan en ’n nuwe hoofstuk begin

Joost se dood steeds almal bymekaarge­hou. Sy is steeds geheg aan haar skoonouers, Gustav en Mariana.

“Enige egskeiding bly ’n pynlike proses; dis nie maklik om jou goed op te pak of die foto’s van die mure te haal nie.

“Dit was die moeilikste jaar wat ek al ooit gehad het. Maar ek het die besluit geneem om op te staan, my kop hoog te hou en die lewe met albei hande aan te gryp.”

Sy vat nog ’n slukkie van haar koppie boeretroos en bieg: Cappuccino, sjokolade en pizza is haar guiltyplea­sures. Die dinge waarmee sy haarself ook in die moeilike tye bederf het.

Ná die hartseer van haar egskeiding fokus sy daarop om ’n balans te handhaaf tussen die “twee lekkerste werke op aarde – voltyds aktrise én voltyds ma wees”. En ja, sy voel so goed soos wat sy lyk. “Om te skei is nie ’n doodsvonni­s nie. Daar is lewe ná egskeiding. Ek het myself toegelaat om die emosionele rollercoas­t

er te ry. As ek wou skree of dans, dan het ek. Ek het nie my emosies onderdruk nie. Dit was my manier om te cope,” vertel sy.

“Ek het ’n baie hegte verhouding met die Here. Deur my egskeiding en waar ek nou is, kniel ek vir krag.”

MARIJKE vertel sy en haar karakter het dieselfde positiewe ingesteldh­eid al het hul lewens die afgelope jaar verskillen­de rigtings ingeslaan. Op die kassie het Maryke getrou en ’n ma én aandeelhou­er van ’n skoonheids­alon geword, maar weg van die stel was Marijke se lewe met tye in ’n warboel.

Nes Amor, haar voormalige aangetroud­e skoonsuste­r, moes sy voor die kameras ’n moedige gesig wys. Terwyl Marijke te sien was in Getroud met Rugby, het Amor haar slag gewys in die sepie 7de Laan. Oor Amor sê sy net: “Ek is my eie mens en Amor haar eie. Ons was jare gelede na aan mekaar, maar ons paadjies het ná Joost se begrafnis geskei.”

Marijke en Pieter was 13 jaar saam voor hulle in April verlede jaar besluit het om te skei. “Dit was swaar. Maar ek dink wat ons situasie beter maak, is dat ons mooi uitmekaar is,” sê sy.

“Ons deel ’ n kind en dis ons eerste prioriteit. ’n Mens moenie voor hulle baklei nie en moet probeer om dinge so normaal moontlik te hou en nie te veel groot aanpassing­s op een slag te maak nie. Ons het alles stelselmat­ig gedoen.”

Sy en haar seuntjie het eers na ’n kleiner huis naby sy skool in Centurion getrek sodat hy daar sy gr. 1-jaar kon voltooi voor hulle na Johannesbu­rg verhuis het.

Sy glo ’n mens moet so openlik moontlik met jou kind kommunikee­r wanneer sy lewe ingrypend verander.

“Ek het van dag een af die pad saam met hom gestap. Op ons eerste aand alleen het ek vir hom gesê: ‘Mamma en pappa is maatjies en bitter lief vir jou, maar ons drie sal nooit weer saam woon nie.’

“Ek wou hom die harde waarheid vertel sodat hy nie oor ’n maand of twee vra wanneer ons almal weer saam in een huis gaan wees nie,” sê sy nadenkend.

“Ek het hom gereeld gevra: ‘Is jou hartjie seer, is jou hartjie bly, het jy vrae?’ ”

Die les wat sy geleer het: “Luister wanneer jou kind vrae het, verduideli­k dit aan hom en moenie iets wegsteek nie. Wees sensitief vir hul gevoelens.” Haar seuntjie kuier elke tweede naweek by sy pa, maar Marijke kan sien dis soms vir hom moeilik dat sy ouers nie meer saamwoon nie.

“Hy verlang na albei. Ek het aan hom verduideli­k: ‘Jy mag verlang na mamma as jy by pappa is, en dis oukei as jy pappa mis by my, maar jy kan enige tyd bel.’ ”

Sy vertel sy en Pieter het steeds elke dag kontak en stuur oor en weer vir mekaar foto’s van hul seuntjie en sy drie volwasse seuns uit sy vorige huwelik. “Ek was hul stiefma. Ons het gelukkige tye saam gehad. Hulle het voor my grootgewor­d.”

Pieter is steeds by Joost se J9-stigting betrokke, maar is nou operasiona­le bestuurder vir die sekerheids­maatskappy SSG Holdings op Mooinooi, Noordwes.

In die tye dat Marijke swaar getrek het, het oefening haar op koers gehou. Sedert haar kinderjare op Bethlehem in die OosVrystaa­t was sy gaande oor dans – enigiets van ballet tot moderne dans. Nadat sy haar dansskool verkoop het, het sy tyd vir ander oefening. Sy oefen elke dag van die week. “Oefen was altyd vir my ’n leefstyl. Ek geniet dit; dis nie vir my ’n straf nie.”

Deesdae, ná haar dag op die stel, gaan haal sy haar seuntjie vieruur by die skool en gaan gim hulle. “Hy doen push-ups en klim teen die klimmuur.” In daardie tyd oefen sy met gewigte – elke dag ’n ander spiergroep. Naweke neem sy haar seuntjie park of dam toe, dan ry hy op sy fiets.

Al het die roetine van ’n gesinslewe met haar egskeiding ineengesto­rt, sorg sy dat sy en haar kind steeds gesond eet.

Saans maak sy vir hulle gebalansee­rde geregte wat sy dan in bakkies verpak. “Dit verg voorbereid­ing en beplanning, maar ek móét elke drie uur eet. Ek sukkel met hoofpyn en migraine as ek dit nie doen nie. Ek het ’n vinnige metabolism­e.”

Ses dae van die week eet sy net vis, hoenderbor­sies, eiers en soms ’n biefstuk of maalvleis met groente. Geen sousies of kookolie nie, vertel sy. Sy berei alles met klapperoli­e, want sy glo dis gesonder. En natuurlik is daar ook plek vir haar

guiltyplea­sures – een dag per week gun sy haarself sjokolade of pizza.

DIE selfvertro­ue wat sy nou het, was nie altyd daar nie.

“Ek was nog altyd selfbewus oor my sproete. Ek is as kind vreeslik gespot.”

As jong meisie het sy eendag in ’n restaurant ’n man vir sy vriend hoor sê: “Sy sou ’n mooi meisie gewees het as dit nie vir al die sproete was nie.”

Wanneer sy nou daaraan terugdink, maak dit nie meer seer nie. Selfonders­oek het haar na aanvaardin­g gebring.

“Ek het besef: Waarom probeer ek my lewe lank inpas, en dit terwyl ek uniek is?

“Ek dink ek het met al die oefening daarvoor probeer vergoed, maar nie meer nie. Vir vroue wil ek wys: Verander dit wat jy kán, maar aanvaar dit wat jy nie kan nie. Die lewe is te kort.”

Onlangs was sy juis in ’n fotosessie waarvoor sy voorheen nie sou kans sien nie: sonder ’n druppel grimering; gestroop van die “masker” wat sy soms as aktrise vir die wêreld moet wys.

“Dit het my 33 jaar geneem om myself te begin aanvaar. Nou kan ek na myself in die spieël kyk en sê: Jy is goed genoeg.”

‘Waarom probeer ek my lewe lank inpas, en dit terwyl ek uniek is?’

 ??  ?? HOOFFOTO: Marijke van der Westhuizen, Maryke de Villiers in Getroud met Rugby, het in 2017 ’n moeilike jaar gehad met die dood van haar swaer, die Bokheld Joost van der Westhuizen, en haar egskeiding van sy ouer broer, Pieter. Maar sy lyk mooier as ooit. REGS: Marijke, Pieter en hul seuntjie saam met Joost voor sy dood verlede jaar.
HOOFFOTO: Marijke van der Westhuizen, Maryke de Villiers in Getroud met Rugby, het in 2017 ’n moeilike jaar gehad met die dood van haar swaer, die Bokheld Joost van der Westhuizen, en haar egskeiding van sy ouer broer, Pieter. Maar sy lyk mooier as ooit. REGS: Marijke, Pieter en hul seuntjie saam met Joost voor sy dood verlede jaar.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa