Huisgenoot

Moderoem danksy gesonde rondings

Haar kruis is nou haar krag: Danksy haar rondings is Tess nou ’n bekende e model

- Saamgestel deur LARA ATSON

DIE woord “vet” spook al haar lewe lank by haar. Op skool is sy so oor haar voller figuur geboelie dat sy byna haar lewensdroo­m laat vaar het. Sy wou ’ n model word, maar toe agente haar wegwys oor sy “te kort en vet” is, het sy begin glo die spotters was dalk reg. Maar nou pronk Tess Holliday op glanstydsk­rifte se voorblaaie, en dit danksy daardie einste rondings. Sy is net 1,6 m lank, maar laat die skaal op 136 kg trek. Tog het dié Amerikaans­e ma van twee die modewêreld aan haar voete.

Tess (33) laat die tonge klap noudat sy met haar kurwes en meer as 30 tatoes in ’n smaraggroe­n baaibroek op die voorblad van die jongste uitgawe van die Britse weergawe van die glanstydsk­rif Cosmopolit­an smeul. Dis die eerste keer dat ’n volronde model vir dié tydskrif voorbladno­oi speel.

“Sjoe! Ek is letterlik ’n Cosmomeisi­e! Ek kan nie glo ek sê dit nie,” het Tess aan haar 1,7 miljoen aanhangers op Instagram geskryf. “As ek ’ n lyf soos myne op dié tydskrif gesien het toe ek ’n jong meisie was, sou dit my lewe verander het. Ek hoop dit gebeur met van julle.”

Haar aanhangers het saam met haar gejubel, maar suurknolle het gou gal gebraak. Een van hulle was die bekende Britse TV-aanbieder Piers Morgan. Volgens hom is die voorblad van Tess, “die wêreld se eerste no. 26-model”, “gevaarlik” en “dit verheerlik vetsug”.

Piers het die voorblad op Instagram gedeel en daarby geskryf: “Terwyl die vetsugkris­is in Brittanje vererger, is dít die nuwe voorblad van Cosmo. Ons is veronderst­el om dit te sien as ’n ‘groot tree vorentoe vir liggaamspo­sitiwiteit’. Wat ’n klomp twak,” skryf hy. “Dié voorblad is net so gevaarlik en misleidend soos om rietskraal no. 4-modelle te vier.”

Tess het nie op haar laat wag nie en in ’n twiet teruggekap: “Aan almal wat sê ek is ’n las vir die Britse gesondheid­sorgstelse­l: Ek is Amerikaans; dus hoef jy jou n- m f nie oor my vet agterstewe te bekommer nie.” Dis nie asof sy met haar voorblad sê: “Hei, ouens, kom ons almal sit 136 kg aan en wees vet” nie, het Tess in ’n televisieo­nderhoud gesê. Sy wil lewens verander. “Ek doen dit nie vir mense soos Piers nie. Ek doen dit vir vroue wat iemand moet sien wat soos ek lyk sodat hulle kan verstaan dat hulle mooi is nes hulle is.” n b

TESS, met haar hoë wangbene, albasterve­l, pruillippe en golwende vlamrooi hare, is nie skaam om die klere te laat waai nie, soos haar stomende foto’s op Instagram getuig. Die boorling van Laurel, Mississipp­i, is dalk nou gemaklik in haar lyf en ’n uitgesprok­e liggaamsak­tivis, maar dit was nie altyd so nie.

“Ek is my lewe lank vet genoem,” sê Tess, wat gebore is as Ryann Maegen Hoven. Haar pa, Doug Hoven, het ook haar selfbeeld geknou. “Hy het gesê ek het ’n mooi gesig, maar my afgekraak en

gesê ek kan sekere goed nie doen nie oor my gewig.”

Haar kinderjare was allesbehal­we rooskleuri­g. Sy het die eerste vier jaar van haar lewe in ’ n woonwa grootgewor­d. Voor sy 10 was, het die gesin minstens 40 keer verhuis, en haar opvlieënde pa is vort.

In Junie 1995, net ’n maand voor haar 10de verjaardag, het haar ma se kêrel haar twee keer in die kop geskiet. “My ma het oorleef. Sy moes weer leer loop en praat,” vertel Tess.

Terwyl haar ma herstel het, het Tess en haar kleinboet, Tad, in ’n woonwa in haar grootouers se agtertuin gewoon. In dié tyd is sy oor haar gewig geboelie.

Tog wou sy “mooi voel en inpas”. Dis dié dat sy op 13 aan haar eerste, en enigste, skoonheids­kompetisie deelgeneem het. Sy het op die verhoog gepryk in die enigste rok wat haar ma op die dorp kon kry wat pas, het sy in Februarie vanjaar vertel. “Die ander meisies het baie meer lyf gewys. Hulle was opgedollie en ek onthou die kol op my maag, want ek het so ongelief en onwaardig gevoel omdat ek nie soos hulle gelyk het nie.” Sy is van die verhoog af gelag. Op 15 is sy Atlanta toe in die hoop om ’n model te word, maar weer was sy te “vet”. “Hulle het gesê ek is te kort en groot en ek sou nooit modelwerk kon doen nie.”

Op 16 is sy uit die skool. Sy moes uit Mississipp­i wegkom.

In die jare daarna het sy onder meer as grimeerkun­stenaar en haarstilis in Seattle gewerk voor sy op 20 teruggekee­r het na Mississipp­i vir die geboorte van haar eersteling, ’n seuntjie, Rylee (nou 12). ’n Jaar later is sy terug Seattle toe, met drie tasse, $700 (toe sowat R4 700) op haar naam en haar jaar oue seuntjie.

In Oktober 2009 het sy foto’s van haar- self op ’n webtuiste vir aspirantmo­delle onder die skuilnaam Tess Typhoon gedeel. Dis toe dat haar modelloopb­aan vlam gevat het. Voor sy haar oë kon uitvee, het haar gesig op busse en reklamebor­de gepryk.

In 2010 het Tess Los Angeles toe verhuis en meer modelwerk begin doen terwyl sy ook as ontvangsda­me by ’n tandarts gewerk het.

Drie jaar later was sy in die kollig toe sy die hutsfrase #effyourbea­utystandar­ds in die sosiale media begin gebruik as ’n middelving­er vir almal wat meen jy moet plankdun wees om mooi te wees. Dit het soos ’n veldbrand aanlyn versprei en die hutsfrase is tot dusver al meer as 3 miljoen keer gebruik.

In Januarie 2015, nadat Tess vier jaar lank in modeblogs en publikasie­s soos Vogue Italia gesig gewys het, het sy ’n modelkontr­ak met die Londense modelagent­skap MiLK Model Management losgeslaan – ’n eerste vir ’n model van haar grootte – nadat hulle haar op Insta- gram ontdek het. Kort daarna het sy op die glanstydsk­rif People se voorblad verskyn langs die opskrif: “Die wêreld se eerste no. 26-supermodel!”

Sedertdien het haar ster die hoogte ingeskiet. Sy het in 2016 die tydskrif Time se lys van invloedryk­ste mense op die internet gehaal en verlede jaar het haar memoires, The Not So Subtle Art of Being a Fat Girl, soos soetkoek verkoop. Daarby het sy haar debuut by die gesogte Londense Modeweek gemaak.

Haar man, die Australiër Nick Holliday, wat sy ses jaar gelede in die kuberruim ontmoet het, is haar grootste ondersteun­er. Tog word sy nog daagliks aanlyn oor haar gewig geboelie, het sy onlangs aan die aanlyn gesondheid­stydskrif Self onthul toe sy hul voorbladno­oi was.

“Aan die begin het ek gesê: ‘Ek is gesond, my cholestero­l is oukei, ek het nie hoë bloeddruk nie, ek het nie diabetes nie.’ ” Nou verduideli­k sy niks. “Dit het niks met enigiemand uit te waai nie.”

Ná die geboorte van haar jongste, Bowie (2), in Junie 2016 het sy byna twee jaar lank aan nageboorte­like depressie gely. “Ek wou net nie meer hier wees nie,” het sy oor dié donker tyd aan Cosmopolit­an vertel.

Haar familie, vriende en antidepres­sante het haar deur dié tyd gedra.

Sy weeg nou die swaarste wat sy al was, maar is op haar gelukkigst­e, sê sy.

“Ek moes op my swaarste raak om eindelik vir myself lief te wees.”

BRONNE: PEOPLE.COM, COSMOPOLIT­AN, DAILYMAIL.CO.UK, METRO.CO.UK, INEWS.CO.UK, VOGUE.COM, DAILYSTAR.CO.UK, HEAVY.COM, INDEPENDEN­T.CO.UK, NZHERALD.CO.NZ, TIME.COM, TELEGRAPH.CO.UK

 ??  ?? LINKS en ONDER: Tess Holliday het gemengde reaksie ontlok toe sy op die voorblad van die Britse weergawe van Cosmopolit­an pryk. LINKS ONDER: Op die voorblad van die tydskrif Self.
LINKS en ONDER: Tess Holliday het gemengde reaksie ontlok toe sy op die voorblad van die Britse weergawe van Cosmopolit­an pryk. LINKS ONDER: Op die voorblad van die tydskrif Self.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO, van links: Tess is as kind afgeknou; sy het vroeër vanjaar dié foto van haar op 13 by haar enigste skoonheids­kompeheids­kompetisie­tisie op Instagram gedeel; “Ek wens ek kon aan dié kind die foto o regs wys, waar sy ’n modefoto Parys skiet,” het sy geskryf; by haar man, Nick, en seuns, Bowie (links) en Rylee. in
BO, van links: Tess is as kind afgeknou; sy het vroeër vanjaar dié foto van haar op 13 by haar enigste skoonheids­kompeheids­kompetisie­tisie op Instagram gedeel; “Ek wens ek kon aan dié kind die foto o regs wys, waar sy ’n modefoto Parys skiet,” het sy geskryf; by haar man, Nick, en seuns, Bowie (links) en Rylee. in
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa