Huisgenoot

Kate maak self kinders groot – en sy weet wat sy doen

Anders as ander koninklike­s maak Kate self haar kinders groot – en sy is omtrent behendig!

-

SY WOON in ’n paleis waar lakeie en diensmeisi­es na haar behoeftes omsien, maar die hertogin van Cambridge ambridge is ook die ma van an drie kinders onder vyf. En n nes ander ma’s kry ry sy met woedeuitba­rstings, kosfiemies en slapelose nagte te doen. Anders as talle alle ander koninklike ma’s verkies Kate om self haar kinders ders groot te maak en hulle le nie na die kinderkame­r mer te verban waar die goewernant­e surrorogaa­tma speel nie. e.

Sy volg beslis nie in die voetspore van koningin Elizabeth, eth, haar man se ouma, nie. Dié het op ’n keer toe oe sy ná ’n vyf maande e lange toer terugkeer haar vyfjarige Charles en driejarige Anne met die hand gegroet.

Kate wil haar ar en prins Wil liam m se spruite, George (5), Charlotte (4) en die vyf maande oue Louis, sélf grootmaak.

EERS KLEINGOED, DAN KAMERAS

“Elke keer wanneer ’n mens Kate saam met haar kinders sien, si is dit duidelik hulle is i haar prioriteit,” sê die Amerikaans­e lyftaalken­ner lyftaalk Patti Wood. Selfs wanneer wannee duisende toeskouers toesko haar naam uit uitskree en fotograwe mekaar verdring verdrin om haar af te neem, neem kan niks haar aandag aanda van haar kinders aflei nie. n “Pleks van aan d die kameras en joernalist­e joern aandag gee, dra Kate die boodskap aan haar kinders oor dat die oomblik meer oor die gesin gaan as oor enigiets anders,” verduideli­k Patti. “Dis ’n manier waarop sy dit vir hulle ’n oomblik maak om te onthou ondanks die prag en praal.”

Kate het vroeër vanjaar by die jaarlikse vaandelpar­ade haar superma-reflekse gewys toe sy Charlotte in haar arms opraap toe die kleintjie haar kop teen die balkonreli­ng kap; nog voor sy self besef het sy het seergekry.

“Dit is asof sy heeltyd hul emosionele temperatuu­r meet om seker te maak hulle is oukei,” sê Blanca Cobb, nog ’n Amerikaans­e lyftaalken­ner.

OP KNIEHOOGTE

As een van die senior koninklike­s hoef sy nie voor baie mense te buig nie, maar sy kniel sonder om ’n oog te knip voor haar en ander mense se kinders.

Dis een van haar ouerskapsg­eheime, om af te sak sodat sy op ooghoogte met haar kinders kan praat, selfs al het sy ’n noupassend­e romp aan. Sy is blykbaar ’n voorstande­r daarvan om “aktief te luister” en gebruik die tegniek ook op haar koninklike rondes tot groot plesier van die klein mensies wat haar ontmoet.

Volgens kenners help dit om sterk verhouding­s te bou en laat dit kinders verstaan dat na hulle geluister word.

DIE KALMEERDER VAN WOEDEUITBA­RSTINGS

Kate bly onversteur in die openbaar, al raak George dikmond omdat hy vir ’n foto moet poseer of kry sy sussie ’n woedeuitba­rsting voor die wêreld se kameras.

Toe Charlotte verlede jaar tydens die koninklike besoek aan die Airbusaanl­eg in Duitsland haar op die aanloopbaa­n neergooi omdat sy nie haar sin kon kry y nie, het Kate haar slag gewys sonder om ’n oorbel te verloor. Sy het dadelik afgebuk, na iets gewys om haar woedende dogtertjie se aandag af te lei en haar toe in haar arms opgetel.

Maar sy kan ook baie streng wees. Toe George verlede jaar op haar suster, Pippa, se troue begin huil, het sy hom met een vinger gewys “dis nou genoeg, boeta”. En dit was dit.

BUITE SPEEL

In Junie is foto’s geneem waar sy by ’n polowedstr­yd saam met haar twee oudstes speel en plat op die gras by hulle sit. Sy het in ’n ope brief tydens Kinderhosp­iesweek geskryf hoe sy eenvoudige gesinsoomb­likke geniet, soos om buite saam met haar kinders te speel.

PASSIE VIR HUL PASSIES

Die sportiewe Kate moedig haar kinders aan om aktief te wees. George stel blykbaar in rugby en skermkuns belang. Sy moedig Charlotte aan om perdryless­e te neem, al is sy nie self ’n ruiter nie.

HULP VAN BUITE

Kate het soveel van die boek The Modern Mother’s Handbook: How to Raise a Happy, Healthy, Smart, Discipline­d and Interestin­g Child, Starting from Birth gehou dat sy die skrywer in ’n brief gelukgewen­s het. Die skrywer, wat die naam A Modern Old-Fashioned Mom gebruik, het gesê: “Die hertogin is ’n buitengewo­ne ma, want sy is modern én outyds. Ek bewonder haar dat sy dit so maklik laat lyk, al woon sy in ’n visbak.”

GESONDE GEES

Kate, wat die Heads Together-veldtog vir beter geestesges­ondheid saam met prins William en prins Harry begin het, praat dikwels openlik oor jong mense se geestesges­ondheid.

“Ons moedig George en Charlotte aan om oor hul gevoelens te praat en wil hulle die gereedskap en sensitiwit­eit gee om hul maats te steun wanneer hulle groter is.”

GOED VOORBEREID

Kate sorg dat sy voorbereid is wanneer sy haar kinders op troues moet stil hou of op lang vlugte moet vermaak. By die polowedstr­yd in Junie was haar sak blykbaar propvol speelgoed en later is George gesien waar hy met ’n speelgoedg­eweertjie rondloop.

Die Cambridge-ouers is nie gekant teen skermverma­ak op lang vlugte om hul kinders besig te hou nie. Volgens pa a William is George se gunsteling­reekse wat hy graag op ’n iPad kyk Peppa Pig en Fireman Sam.

BAIE DRUKKIES

Wanneer Kate in die openbaar is, het sy y dikwels een van haar drie op die arm, selfs al dra sy die dag hemelhoë hakke. By die Juniepolow­edstryd was dit mooi om te sien hoe sy gedurig aan haar kinders raak, en in ’n stadium het sy haar arms om albei geslaan en hulle teen haar vasgetrek.

BAK EN BROU

Toe sy in Augustus 2016 op die dorp Luton met ’n groep tieners praat wat besig was om sjokoladek­oekies te bak, het sy vertel hoe dit tuis by haar gaan. “Wanneer ek dit saam met George probeer doen, is dit net sjokolade en gouestroop waar jy kyk. Dis ’n chaos.”

Sy doen ook graag handwerk saam met die twee oudstes. William het verlede jaar aan Radio 1 vertel George en Charlotte het handgemaak­te geskenkies vir hul ouma Elizabeth, “Gan-Gan”, vir haar 91ste verjaardag gegee.

GESINSWAAR­DES G

“My “M ouers het my geleer hoe belangrik vriendelik­heid, vr respek en eerlikheid is,” het he sy in Februarie 2017 tydens ’n besoek so aan ’n laerskool aan die leerders gesê. ge “Dit is hoekom ek en William ook vir vi ons kinders wil leer hoe belangrik dit is. is Dit is net so belangrik soos om in sport sp of wiskunde uit te blink.”

SKOOLSAKE SK

“Sy wil hê haar kinders moet dieselfde sk skoolervar­ing as sy beleef,” vertel iema mand in die binnekring. Dit is een van die redes waarom sy so gereeld as wat sy kan die kinders self skool toe neem. Sy het die tradisie verbreek deur George in ’n gemengde skool te sit, anders as sy pa en ooms, wat na streng seunskole is.

SY’S BESKERMEND

Kate en William het onlangs ’n heining van 12 m hoog voor die Kensington­paleis laat bou sodat die kinders in vrede buite kan speel sonder dat agies hulle afloer. Sy neem self die kinders op belangrike geleenthed­e af en verskaf die foto’s dan aan die media, in ruil daarvoor dat hulle nie skelm afgeneem word nie.

BRONNE: EXPRESS.CO.UK, PEOPLE.COM, DAILYMAIL.CO.UK, HELLOMAGAZ­INE.COM, ABCNEWS, HARPERSBAZ­AAR.COM, THISINSIDE­R.COM, GOODHOUSEK­EEPING.COM

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: HOOFFO Altyd nanaby hul kindekinde­rs. Prins WillWillia­m, George, KaKate en CharlottCh­arlotte verled verlederle­de jaar in i Berlyn. LINLINKS: Kate kniel by Cha Charlotte. arlotte
HOOFFOTO: HOOFFO Altyd nanaby hul kindekinde­rs. Prins WillWillia­m, George, KaKate en CharlottCh­arlotte verled verlederle­de jaar in i Berlyn. LINLINKS: Kate kniel by Cha Charlotte. arlotte
 ??  ?? ’n Ondeunde George het verlede jaar op sy tannie Pippa se troue raas gekry by sy ma.
’n Ondeunde George het verlede jaar op sy tannie Pippa se troue raas gekry by sy ma.
 ??  ?? Die gesin het ’n baie ontspannen­der benadering tot foto’s as hul voorganger­s, soos ’n mens op dié foto kan sien wat ná prins Louis se geboorte geneem is.
Die gesin het ’n baie ontspannen­der benadering tot foto’s as hul voorganger­s, soos ’n mens op dié foto kan sien wat ná prins Louis se geboorte geneem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa