Huisgenoot

Geldsake: Beplan in jou 30’s

Jy is in jou 30’s – moet jy nou al begin spaar vir eendag? En hoe?

-

JY HET ’n vaste inkomste, aftree fonds, lewensvers­ekering en werklooshe­id s versekerin­g ... Maar steeds lê jy soms snags wakker en bekommer jou oor jou finansiële toekoms. Hier is vyf goed wat jy beslis moet oorweeg om nog te doen.

SPAAR ’N 1 PERSENTASI­E VAN JOU SALARIS

’n Eenvoudige manier om jouself meer te laat spaar is om elke maand ’n persentasi­e van jou inkomste weg te sit pleks van ’n vasgesteld­e geldsom.

As jy ’n persentasi­e spaar, sal die spaarbedra­g groei namate jou salaris styg. Eindelik sal jy meer wegsit. Mense is geneig om net hul groter inkomste te bestee en nie meer geld te spaar nie.

Al spaar jy reeds vir aftrede, is daar nog heelwat ander redes hoekom elke mens geld moet spaar. Die doelwitte kan verskil – vir sommiges is dit ’n noodfonds vir wanneer skielike uitgawes opduik; vir ander kan dit wees om ’n reis te beplan of eendag vir hul kinders se studie te betaal. Maar die einddoel is dieselfde: As jy vir dié uitgawes geld spaar, hoef jy nie skuld te maak om dit te bekostig nie.

Jy kan met ’n klein bedrag begin, byvoorbeel­d 5% van jou inkomste.

Laat dit met ’n debietorde­r saam met jou verpligte aftrekking­s, byvoorbeel­d jou huisverban­d en motorlenin­g, aftrek. Dan is dit uit jou rekening nog voor jy jou hand daarop kan lê.

GEBRUIK DIE MAG 2 VAN SAAMGESTEL­DE RENTE

Welvaartsk­epping gebeur met verloop van tyd, en al is jy al in jou 30’s, kan jy nog lank ’n inkomste verdien en geld belê.

Hoe langer jy spaar, hoe sterker is die mag van saamgestel­de rente. Dis wanneer die rente wat jy op jou spaargeld verdien self begin rente verdien. As jy begin, hou dus aan en laat saamgestel­de rente vir jou werk.

Mthobisi Mthimkhulu van Allan Gray gee dié voorbeeld van beleggings­groei op lang termyn: ’n 33-jarige het vanjaar begin om maandeliks­e bydraes van R2 750 tot ’n belastingv­rye spaarplan (BVSP) te maak.

As hy dié bydraes volhou, sal hy sy leeftyd beleggings limiet van R500 000 vir ’n BVSP oor 16 jaar bereik.

As sy belegging met 5,82% (die gemiddelde inflasieko­ers oor die afgelope 16 jaar) groei, sal die waarde teen 2034 sowat R789 727 wees. Maar as hy nog ’n jaar belê tot hy 60 jaar oud is, kan sy belegging R1 470 623 werd wees – volkome belastingv­ry.

BESTEE MINDER 3 GELD AS WAT JY VERDIEN

As jy elke maand net-net jou uitgawes kan dek, sal jy nie sommer rykdom bou nie. Koop eerder ’n kleiner huis en motor as die maksimum lening wat die bank bereid is om toe te staan. Intussen kan jy die ekstra geld spaar, en as rentekoers­e styg, sal jy ’n duurder paaiement kan bekostig.

Dit is maklik om in die slaggat te trap om jou volle inkomste uit te leef. Moenie daarin vasgevang word deur geld te bestee aan duur karre, klere en vakansies wat beteken jy kan niks spaar nie of moet skuld maak.

Jy beïndruk dalk ander mense, maar jy doen dit ten koste van jou finansiële welstand.

MOENIE TE 4 KONSERWATI­EF WEES NIE

Byna 80% van stedelike, werkende Suid-Afrikaners wat tussen 31 en 39 jaar oud is, sal dit oorweeg om geld uit ’n salarisver­hoging in ’n spaarreken­ing, vaste deposito of geldmarkre­kening te belê, toon di eO l dM ut u al-spaar-en-beleggings monitor 2018.

’n Finansiële adviseur sal jou goeie raad kan gee oor watter beleggings die beste vir jou is. Maar oor die algemeen is beleggings in kontant (soos ’n spaarreken­ing, vaste deposito en geldmarkre­kening) nie gepas op lang termyn nie omdat dit nie ’n opbrengs lewer wat inflasie klop nie.

Dit kan ’n goeie tydelike parkeerple­k vir jou geld wees, maar jy kan in beleggings met ’n goeie aandelepor­tefeulje waarskynli­k ’n beter opbrengs verdien as jy jou geld drie jaar en langer wil belê. In jou 30’s het jy juis tyd om lank te belê om sodoende tydelike verswakkin­gs in die aandelemar­k te oorbrug.

BETAAL SKULD 5 SLIM

Begin met jou kleinste en nie jou grootste skuldbedra­g nie. Dit maak nie sin om meer op huislening­s af te betaal terwyl jou kredietkaa­rtbalans, wat waarskynli­k ’n heelwat hoër rentekoers het, ál groter word nie. Hou eerder die huislening­afbetaling vol en gebruik enige bykomende kontant om korttermyn­skuld te delg. Dit werk soos ’n sneeubal – wanneer jy die kleinste bedrag afbetaal het, kan jy daardie geld gebruik om die volgende rekening te takel, en so aan.

Dis volgens skuldkenne­rs ook bemoedigen­der vir mense met verskillen­de skuldreken­ings om hul skuld so af te betaal. Instansies soos die Nasionale Kredietreg­uleerder (www.ncr.org.za) het raad om skuld vas te vat.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa