Huisgenoot

Troye Sivan se popalbum Bloom ’n wegholsuks­essukses

Dié popprins se nuwe uitreiking, Bloom, is goed op dreef om een van 2018 se grootste albums te word

- Saamgestel deur NICI DE WET

Op ’n goeie plek

Dié Suid-Afrikaans gebore sanger se tweede album, Bloom, het treffers soos My My My! en Dance to This (met Ariana Grande) opgelewer en het baie lof van internasio­nale musiekrese­nsente ontvang. Die musiektyds­krif NME het dit volpunte gegee.

Troye (23), wat in Australië grootgewor­d het, is gelukkig met sy lewe, en dis duidelik uit die vrolike, aansteekli­ke liedjies op dié opvolgalbu­m van sy trefferdeb­uut, Blue Neighbourh­ood, van 2015. “Ek het nesgeskop in Los Angeles en was supergeluk­kig in my verhouding. Ek het nooit vrolike liedjies geskryf nie, want musiek is gewoonlik iets waartoe ek my wend wanneer ek hartseer is. Ek dink dit was ’n ode aan my kêrel, huis, familie, gemeenskap en die Los Angeles-naglewe.”

Musiekbest­ies

Hy en Ariana Grande (25) is al jare lank vriende, maar het eers onlangs saamgewerk. Hy was aanvanklik senuagtig om dié Amerikaans­e sangeres te vra om in sy liedjie Dance to This te sing, maar was verniet bekommerd. Ariana, wat bekend is vir treffers soos No Tears Left to Cry, kon nie wag om met hom saam te werk nie. “Ek het haar basies net ’n teksboodsk­ap gestuur met die liedjie en toe gewag. Sy het in hoofletter­s geantwoord en gevra wanneer sy daaraan kan werk.”

Die liedjie is reeds 43 miljoen keer op die stroomdien­s Spotify geluister, en die musiekvide­o is al meer as 68 miljoen keer op YouTube gekyk. Glad nie sleg vir ’n ou wat aanvanklik naam gemaak het as akteur in die fliekreeks Spud nie!

Swifty is ’n aanhanger!

Troye is al lank ’n aanhanger van die popster Taylor Swift (28). Hy sê dit was “die beste oomblik van my lewe” toe hy in Mei die kans kry om saam met haar op te tree tydens haar Reputation-toer in die Rose Bowl-stadion in Pasadena, Kalifornië. “Ek het vir haar kaartjies vir haar optrede in Los Angeles gevra, en sy het gesê: ‘ Wel, hoekom kom jy nie sommer vanaand uit en sing My My My! saam met my op die verhoog voor 60 000 mense nie?’” nie?’ ” Toe sy hom op die verhoog verwelkom, het sy gesê: “Hy is epies en bestem om legendarie­s te word – en volgens my is hy dit reeds. Troye Sivan is vanaand hier!”

Rolmodel

Sedert hy in 2013 op YouTube uit die kas gekom het, het Troye ’n rolmodel geword vir die LGBTQgemee­nskap geme enskap omdat hy so openlik oor sy sek sual su a li i t ei t praat. “Ek doen net wat al die ander popsterre doen: Ek skryf liefdeslie­djies, sing liefdeslie­djies en sit liefdesbel­angstellin­gs in my video’s. Ek dink daar is krag in om openlik te leef terwyl ek ook toevallig gay is.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa