Nuut op die rakke Geniet twee opwindende skrywers
OPSTOKERS, FOPDOSSERS EN TWEEGATJAKKALSE Deur HERMAN LATEGAN (Penguin Random House, R199*)
“‘Hy’s ’n opregte teelperd,’ runnik Aphrodite Aggenbach, papnat van die sweet, soos ’n merrie wat reën ruik en op dieselfde plek begin galop.” Sy’s een van my gunstelingmense in jou boek. Wie’s joune?
Die jong meisie wat tussen Springfontein en Kaapstad op die nagbus sporadies genies het. Elke keer het sy “askies” gesê. Vroegoggend toe die bus die stad binnekom, kon ek sien sy was nog nooit voorheen in Kaapstad nie. Toe ons stop, skryf ek: “'n Ouer man het na haar toe gekom, haar opgelig, omgeswaai en haar laat rondomtalie draai. Hulle het albei hard gehuil, sonder skaamte voor almal.
“Toe hoor ek haar sê: ‘Pappa, ek het gedink ek gaan jou nooit ooit weer sien nie.'
“Toe vat hy die punt van sy hemp p en droog die trane van haar lemoenkleurige wange af. En op die grond het hy van die bloeisels opgetel en in haar hare teruggesit.”
In jou aangrypende stuk oor wat van skoolmaats geword het, noem jy jou skool se leuse was “Wees uself”. Is dit dan nie ironies dat jy dit juis nie toegelaat is nie?
Die Hoërskool Jan van Riebeeck het gelukkig deur die jare verander en by die nuwe tydgees aangepas. In die vroeë 1980's, helaas, is die skool deur 'n strydlustige skoolhoof en 'n bende kruiperige akoliete soos 'n konsentrasiekamp bestuur.
'n Artikel oor reggae in die skoolkoerant wat ek help stig het, is voor my stukkend geskeur, ek is afgedank as redakteur en 'n kommunis en k-boetie genoemm. genoem.
' n Toespraak by y ' n debatsvereniging waarvan n ek die voorsitter was, was die laaste aste strooi. Ek het uit die kas geklim lim en erken ek het 'n verhouding met een van my klasmaats. Ek is as onderhoofseun van die skool en koshuis geskors en beveel om te loop.
Jou Rapport-rubrieke (waarvan sommige in jou nuwe boek opgeneem is) word gebou om ’n woord wat jou aandag trek in ’n woordeboek. Is jy verlief op Afrikaanse woorde en hoekom het jy so lank hoofsaaklik in Engels geskryf?
Ek was jare lank woedend vir die toksiese, hipermanlike, outoritêre chauvinisme van veral Afrikaanse omies met grys skoene en die Bybel onder die arm.
Ná skool, die NG Kerk en die weermag wou ek 'n nuwe identiteit skep. Tot ek op 'n dag die woord “wisseldans” gehoor het.
Van daardie dag af sakkie-sakkie ek en Afrikaans heerlik saam.
“Dynserig” is een van my gunstelingwoorde. Skryf vir my ’n paragraaf waarin jy dit gebruik.
Die vrou het daagliks gebid haar kind moet veilig wees. “Liewe Heer,” het sy gesmeek, “spaar my die pyn.” Die voordeurklokkie het gelui; sy het dit oopgemaak. Toe sy in die polisieman se dynserige oë kyk, vra sy: “Hoe sal ek U ooit ken?”