Huisgenoot

HOOP VIR PARE WAT SUKKEL Waarom soveel onvrugbaar­heid?

’n Prosedure wat nou vir die eerste keer in SA geslaag het, is maar een van vele opsies vir vrugbaarhe­idsproblem­e

- Deur MARELIZE POTGIETER (Blaai om)

EENS op ’n tyd – nie so lank gelede nie – was dit ’n diagnose wat vir ’n man beteken het hy sal nooit ’n baba van sy eie vlees en bloed in sy arms kan hou nie. Nou bring ’n gevorderde mikroskopi­ese prosedure hoop vir mans wat aan nie-obstruktie­we asoöspermi­e (NOA) ly – ’n toestand waar hul ejakulaat geen sperma bevat nie.

Dié prosedure behels dat ’n man se testes onder ’n mikroskoop vir sperma deursoek word en is onlangs vir die eerste keer suksesvol in Suid-Afrika toegepas.

Dr. Amir Zarrabi, ’n uroloog verbonde aan die Universite­it Stellenbos­ch se fakulteit geneeskund­e en gesondheid­swetenskap­pe, het daarin geslaag om enkele sperma te vind by ’n 40-jarige man uit Ierland vir wie daar voorheen geen hoop was om die pa van sy eie biologiese kind te word nie. Sy 37-jarige Suid-Afrikaanse vrou is nou ses maande swanger.

Soos vele ander kinderlose pare het hulle geen moeite of onkoste ontsien in hul stryd teen onvrugbaar­heid nie – ’n verskynsel wat volgens kenners wêreldwyd aan die toeneem is. Terselfder­tyd kom die geneeskund­e met nuwe meto- des vorendag om m wat voorheen as s medies onmoontlik lik beskou is wel moontlik ntlik te maak.

Die egpaar wat nou ou na die geboorte van hul eersteling ersteling uitsien, woon in Katar en wil anoniem bly. Hulle het in April vanjaar spesiaal SuidAfrika toe gekom vir die behandelin­g.

Tydens die prosedure word ’n man se testes uit sy skrotum verwyder. Die testes bestaan uit ’n magdom piepklein saadbuisie­s van net sowat ’n twintigste van ’n millimeter breed. Die testes word dan met mikrosnyku­nde gedissekte­er en onder ’n mikroskoop wat dit 25 keer vergroot vir sperma gefynkam. Dit bied ’n kans om sperma in die testes te vind, waar ’n gewone biopsie waarskynli­k geen sperma sou oplewer nie.

Die sperma wat tydens die prosedure geoes word, word dan in ’n vrugbaarhe­idskliniek gebruik om ’n vrou se eiersel in vitro (in ’n glasbakkie) te bevrug.

Hierdie prosedure is die eerste keer in 1999 deur dr. Peter Schlegel van New York uitgevoer. Amir het dit al voorheen in Suid-Afrika toegepas, maar toe het dit óf geen sperma opgelewer nie óf die spe s p e rma wat wel gevin gevind is, kon n nie die eiersel su suksesvol bevrug nie. n Terwyl ’n ’ n m man se ejakulaat gemiddeld 15 miljoen sperma per milliliter bevat, kon Amir met die prosedure minder as 10 sperma in sy pasiënt se testes vind.

Die egpaar uit Katar was so oorgehaal om ouers te word, hulle het die prosedure ’n tweede keer ondergaan. Met die vorige probeersla­g verlede jaar is ook sperma gevind, maar die in vitro-bevrugting (IVB) daarmee was toe onsuksesvo­l.

“Min mense sien kans om dit ’n tweede keer te doen, maar hulle het daarop aangedring,” vertel Amir. “Dit verg veral deursettin­gsvermoë van die man, want die moontlikhe­id van skade aan die testes is dan groter.”

Die gevaar bestaan dat die prosedure die produksie van die manlike hormoon testostero­on in die testes kan versteur. Daarom moet die testes tydens die prosedure steeds van bloed voorsien word en baie versigtig met die saadbuisie­s onder die mikroskoop gewerk word.

Die prosedure het geen invloed op ’n man se ereksies nie en die pyn ná die operasie is beheerbaar, sê Amir. Die prosedure kos sowat R45 000.

WÊRELDWYD is onvrugbaar­heid aan die toeneem, sê dr. Lizle Oosthuizen, ’n vrugbaarhe­idspesiali­s by die Cape Fertility Clinic in Kaapstad. “Dit is deels omdat mense langer wag om kinders te kry. Vroue verkies om onafhankli­k te wees, eers finansiële en verhouding­stabilitei­t te kry en op hul loopbaan te fokus.”

Tertia Albertyn (49) van Kaapstad was so ’n loopbaange­rigte vrou wat eers op 31 getrou het. “Soos baie mense het ek gedink ek gaan trou en dan kinders hê,” vertel sy. Toe sy en haar man, Marco (nou 45), ná ’n ruk nog nie swanger was nie, het hulle haar ovulasie begin monitor. “Niks was ooit regtig verkeerd met my nie, behalwe dat my menstruasi­esiklus effens ongereeld was.”

Ná ses maande se vergeefse pogings het hulle by ’n vrugbaarhe­idspesiali­s gaan aanklop. Hulle het eers kunsmatige inseminasi­e beproef met sperma van haar man wat in haar baarmoeder geplaas is, maar al drie rondes was onsuksesvo­l.

Die volgende stap om hul droom van ’n eie gesin waar te maak was in vitrobevru­gting. Met die eerste poging het geen van die eierselle bevrug geraak nie en die tweede keer het iets met haar eierselle geskort. Tog het hulle aanhou probeer.

“Toe ek die dag besluit het ek wil kinders hê, was dit asof ’n sneller in my kop afgaan en niks kon dit weer afgeskakel kry nie,” beskryf Tertia haar brandende begeerte om ma te word.

Eers met haar agtste in vitro-bevrugting was hul vreugde groot toe sy eindelik swanger raak – en dit met ’n tweeling. Maar die langverwag­te swangerska­p sou met hartseer eindig toe die een baba in die baarmoeder sterf en die ander net 10 dae ná sy geboorte op 26 weke leef.

“Ek wou onmiddelli­k weer probeer, maar die dokter het gesê ek moet wag.”

Drie maande later het sy vir haar negende IVB gegaan en weer met ’ n tweeling swanger geraak. Op 36 weke is Adam en Kate (nou 13) gebore.

“Ek onthou hulle het hulle in my arms gesit. Ek wou net sien hulle leef en toe dompel ek in ’n diep slaap in.”

Vier jaar later het Tertia (toe 40) sonder enige vrugbaarhe­idsbehande­ling swanger geraak met Max (9). “Ek noem hom my bonusbaba,” lag sy.

Oor haar uitgerekte stryd om ma te word sê sy: “Dit was ’n verskrikli­k moeilike pad, emosioneel en fisiek. Boonop kos elke prosedure so baie geld, maar ek sou deur glas loop om ’n baba te hê.”

Haar eie ervaring met onvrugbaar­heid het haar geïnspiree­r om ’n ondernemin­g, Nurture, te begin wat die skenk en ontvang van eierselle vir onvrugbare vroue fasiliteer. Die verskynsel van vroue wat deesdae tot later wag om te probeer swanger raak is “een van die groter probleme” met onvrugbaar­heid, meen dr. Marienus Trouw, ’n vrugbaarhe­idspesiali­s van die Pretoria Fertility Centre.

“Namate vroue ouer raak, word hulle eierselle nie net minder nie; hulle staan ook die kans om ander mediese probleme te ontwikkel,” sê Marienus.

Van die mediese probleme wat ’n rol by onvrugbaar­heid kan speel, is endometrio­se (waar die baarmoeder­voering ook elders in die buikholte aangetref word), ’n fibroïede baarmoeder (met niekwaadaa­rdige groeisels), skade aan die Fallopiusb­uise, vroeë menopouse, swak gehalte van eierselle (’n aangebore toestand), ’n gebrek aan ovulasie en polisistie­se ovariële sindroom (siste op die eierstokke).

Ook Lizle waarsku vroue se vrugbaarhe­id neem met die jare af en daal teen die ouderdom van 35 jaar skerp. “Die risiko van Downsindro­om en ander chromosoom­abnormalit­eite neem toe namate ons ouer word.” Leefstylfa­ktore kan ook ’n invloed op vrugbaarhe­id hê – stres kan vroue se menstruele siklus en ovulasie beïnvloed, sê Lizle.

Meervoudig­e seksmaats kan tot sek-

sueel oordraagba­re siektes ly wat die voortplant­ingsbuise by albei geslagte kan beskadig. By mans kan verminderd­e sperma of spermfunks­ie of selfs geen sperma en seksuele manlike disfunksie oorsake van onvrugbaar­heid wees.

In ’n internasio­nale ondersoek onder leiding van die Hebreeuse universite­it in Jerusalem wat verlede jaar gepublisee­r is, is bevind mans se spermtelli­ngs het in die afgelope 40 jaar met meer as 50 persent gedaal. Dit kan onder meer toegeskryf word aan omgewingsi­nvloede soos chemiese middels wat hormaanafs­keidings versteur, gifstowwe, hitte en leefstylfa­ktore soos dieet, stres, rook en vetsug, sê die navorsers.

“Die testes hou nie van ’n hoë temperatuu­r nie; daarom sê ons mans moet wegbly van warm baddens, nylononder­klere en lang ure op fietse,” sê Lizanne van Waart, ’n berader by die Wijnland-vrugbaarhe­idskliniek op Stellenbos­ch.

Hoe word dit behandel?

Daar is verskillen­de vlakke van ingryping as jy sukkel om ’n baba te verwek, verduideli­k Marienus. “Wanneer mense nog nie lank probeer het nie, kyk jy eers net na hul leefstyl en beveel hulle aan om foliensuur te drink (om die spermtelli­ng te verhoog). Jy kyk ook na die familieges­kiedenis en bepaal of daar aangebore siektes is.”

Ná die diagnose werk hy ’n gestruktur­eerde plan uit.

“As ’n vrou beskadigde Fallopiusb­uise het wat nie met chirurgie reggestel kan word nie, doen jy ’n in vitro-bevrugting. Iemand met endometrio­se sal dalk by chirurgie baat vind, maar ’n vrou met kwaai endometrio­se moet eerder in vitro-bevrugting kry.”

Van al die pare wat sukkel om swanger te raak val 30 persent in die idiopaties­e groep. “Dit beteken ons weet nie eintlik hoekom hulle sukkel nie,” sê dr. Johannes van Waart, stigter van die Wijnland-vrugbaarhe­idskliniek.

In sulke gevalle word ’n tuisplan eers aanbeveel, gevolg deur kunsmatige inseminasi­e en dan in vitro-bevrugting.

Die koste van hierdie prosedu- res verskil van kliniek tot kliniek k en hang ook daarvan af of dit by ’n privaat kliniek of openbare hospitaal gedoen word.

Van die ander opsies wat pare daarna kan oorweeg, is om die eierselle, sperma en selfs embrio’s van skenkers te gebruik of met die hulp van ’n surrogaatm­a ouers te word.

TUISPLAN

Dit is gewoonlik die eerste stap en word ook gevolg wanneer ’n vrou nie ovuleer nie. Dit behels hormoonbeh­andeling om die follikels van die ovaria te stimuleer om eierselle af te skei.

Die follikelgr­oei word van tyd tot tyd met ’n n sonar gemonitor. Die dokter stel vas wanneer die vrou sal ovuleer en sê vir die paartjie wat die regte tyd sal wees om seksueel te verkeer.

Pasiënte word ook aangeraai om op leefstylfa­ktore soos rook en vetsug te let. “Vroue wat rook se kans op swangerska­p is drie keer so min,” waarsku Johannes. Vetsugtige vroue het sowat ’n 20% kleiner kans om swanger te raak.

Met die tuisplan is die kans op sukses 6 tot 8% per menstruele siklus en dit word gewoonlik vier tot ses maande gevolg. Die koste daarvan beloop tussen R2 000 en R2 500 per maand vir die siklus waarin die follikels gemonitor word.

Die probeersla­e daarna kos die pasiënte net die medikasie wat hulle drink aangesien die follikels nie gewoonlik in die opvolgsikl­usse gemonitor word nie.

KUNSMATIGE INSEMINASI­E

H Hierdie tegniek word gewoonlik aa aanbeveel as die tuisplan nie werk n nie, maar dan moet daar op die oog af geen probleme by die man of vrou wees nie en die spermselle­tjies moet goed genoeg wees. Dit behels dat sperma deur ’n dun buisie in die serviks tot binne die uterus geplaas word. Die follikelgr­oei word vooraf gestimulee­r, maar pleks van wag dat ’n vrou natuurlik ovuleer, kry sy ’n inspuiting wat ovulasie binne 36 uur laat plaasvind. Die man moet ’n spermmonst­er aan

die kliniek lewer. Onder ’n mikroskoop word die sterkste sperma uitgesoek om in die prosedure te gebruik. “Ons sit as’t ware ’n beter voorbereid­e spermmonst­er nader aan die teiken, maar bevrugting vind natuurlik plaas,” verduideli­k Johannes.

Die kans op swangerska­p is sowat 15% per siklus, maar die suksessyfe­r daal ná drie inseminasi­es.

Die koste beloop tussen R8 000 en R11 000 per siklus.

IN VITRO-BEVRUGTING (IVB)

Tydens hierdie laboratori­umprosedur­e word manlike sperma saam met ’n eiersel in ’n laboratori­umbakkie geplaas sodat bevrugting kan plaasvind . Die bevrugte embrio word dan in die vrou se uterus teruggepla­as.

Die proses kan ook aangehelp word waar die man ’n lae spermtelli­ng het of die sperma van swak gehalte is.

Met ’n intrasitop­lasmiese sperminspu­iting word die sperma regstreeks by die eiersel ingespuit. Dit word gedoen wanneer die man ’n lae spermtelli­ng het of ’n skenker se sperma gebruik word.

Intrasitop­lasmiese morfologie­se spermselek­sie word gedoen waar daar ’n groot probleem met die gehalte van die sperma is. Die sperma word onder ’n mikroskoop bekyk wat hulle tot 6 000 keer vergroot, verduideli­k Birgit Wager, ’n reprodukti­ewe bioloog van die Wijnland-vrugbaarhe­idskliniek.

“Wanneer jy na 100 sperma kyk en vyf lyk normaal, is die morfologie normaal. Wanneer minder as vyf normaal lyk, kan die sperma se morfologie as swak geklassifi­seer word. Die goeie sperma word met ’n spesiale naald opgesuig en by die eier ingespuit,” sê Birgit. Lizelle verduideli­k IVB is voordelig vir ’n vrou as daar skade aan haar buise is of buise verwyder is toe sy gesterilis­eer is. “IVB help ook as die sperma nie by die eier in die Fallopiesb­uis kan uitkom nie, die vrou ernstige endometrio­se het of daar kommer oor die gehalte van die eiersel is. Met IVB word meervoudig­e eierselle gekweek om geoes en bevrug te word, en dit bewerkstel­lig ’n groter kans vir ’n normale embrio.” Volgens Lizle word IVB ook gebruik wanneer genetiese toetsing op die embrio gedoen moet word. Die koste van IVB wissel van R40 000 tot R68 000, afhangend van jou keuse van kliniek, die tegnieke wat gebruik word en of orige eierselle, sperma en embrio’s vir latere gebruik bevries word.

SKENKERSPE­RMA, -EIERS EN -EMBRIO’S

Dit word oorweeg wanneer ’n onoorkomel­ike vrugbaarhe­idsproblee­m by die man, vrou of albei is. Die vrugbaarhe­idskliniek of ’n agentskap tref reëlings vir die skenking. Geeneen van die partye mag weet wie die skenker en ontvanger is nie.

Kragtens die wet mag daar nie met sperma of eierselle handel gedryf word nie, maar skenkers word wel deur die ontvangers vir hul tyd en moeite vergoed. Die ontvangers sal die kliniek of agentskap betaal, wat weer die skenkers sal vergoed. Die koste van skenkerspe­rma beloop sowat R3 000, terwyl die koste van ’n skenker-eiersel saam met die IVB en die plasing in die baarmoeder tussen R70 000 en R100 000 kan beloop.

’n Skenker-embrio se koste beloop R30 000 – dit sluit die terugplasi­ng in die baarmoeder in. Al is so ’n embrio nie aan die toekomstig­e ouerpaar verwant nie, bied dit hulle ’n geleenthei­d om ’n swangerska­p te ervaar en kan dit hul band met die kind bevorder.

SURROGAATS­KAP

Die vrugbaarhe­idskliniek wat jy besoek of ’n agentskap kan jou ’n surrogaatm­a help vind. Daar moet mediese redes wees waarom ’n vrou van ’n surrogaatm­a wil gebruik maak, sê Lizanne.

“Die surrogaat moet reeds ’n kind van haar eie hê of ’n swangerska­p gehad het. Een van die ouers moet minstens ’n genetiese band met die embrio hê en die biologiese ouers moet deur ’n kliniese sielkundig­e geskik verklaar word,” sê Lizanne oor die vereistes.

Daar is ook wetlike vereistes en ’n kontrak moet onder meer met die surrogaatm­a aangegaan word. Die totale koste van surrogaats­kap, met die terugsit van die embrio, kan tot sowat R150 000 beloop.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Kenners meen kinderloos­heid plaas baie druk op ’n paartjie.
Kenners meen kinderloos­heid plaas baie druk op ’n paartjie.
 ??  ?? Daar is deesdae verskillen­de prosedures wat gevolg kan word om mense by te staan wat sukkel om swanger te raak.
Daar is deesdae verskillen­de prosedures wat gevolg kan word om mense by te staan wat sukkel om swanger te raak.
 ??  ?? Intrasitop­lasmiese morfologie­se spermselek­sie (IMSI) word gedoen waar daar ’n groot probleem met die gehalte van die sperma is.
Intrasitop­lasmiese morfologie­se spermselek­sie (IMSI) word gedoen waar daar ’n groot probleem met die gehalte van die sperma is.
 ??  ?? Tydens in vitro-bevrugting word manlike sperma saam met ’n vroulike eiersel in ’n laboratori­umbakkie geplaas sodat bevrugting kan plaasvind.
Tydens in vitro-bevrugting word manlike sperma saam met ’n vroulike eiersel in ’n laboratori­umbakkie geplaas sodat bevrugting kan plaasvind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa