Huisgenoot

DIE MOENIES

-

Tensy jy met ’n taamlik ou motor ry, is dit nie nodig om eers “op te warm” voor jy laat wiel nie; die meeste voertuie het brandstofn­spuitingst­elsels wat ontwerp is vir optimale werking sodra jy aanskakel.

Moenie jou enjin uit rat haal om teen ’n bult af te vryloop nie; dit maak dit moeiliker om jou voertuig in ’n noodgeval te beheer. As jy jou voet van die versneller haal pleks van die enjin uit rat, sal jy die minste brandstof teen ’n afdraande gebruik.

Moenie jou enjin inspan – dus rem en koppelaar trap en bietjies-bietjies vorentoe wieg (“riding the clutch”) – om te keer dat jou motor agteruitlo­op wanneer jy teen ’n opdraande wag dat ’n rooi lig groen word nie. Jy mors brandstof en dis sleg vir die koppelaar: Gebruik die handrem.

Moenie die enjin lank in stilstaand­e verkeer laat luier nie. Skakel dit ná 30-60 sekondes af tot jy weer kan ry. Die Union of Concerned Scientists van Amerika sê ’n enjin wat ’n minuut lank luier, verbrand meer brandstof as wanneer jy dit af- en aanskakel. Die “stop-aanskakel”-tegnologie waar die enjin outomaties afskakel wanneer jy stilhou en jou voet van die rem afhaal, kan verbruik met tot 5% sny.

Moenie met oop vensters ry as jy dit kan vermy nie. Die gevolglike ekstra windweerst­and kan jou verbruik aansienlik verhoog.

Moenie die lugverkoel­ing in jou motor onnodig aanskakel nie. Gebruik eerder die gewone luggatvent­ileerstels­el of kies die hersirkule­er-opsie as jy die lugversorg­ing op ’n warm dag wil gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa