Huisgenoot

OONDGEBAKT­E RATATOUILL­E MET PESTO-KOESKOES

- 1 2 (Blaai om)

’n Kleurryke bak groente net reg vir ’n gesellige kuier om die langtafel. Sommer ook die ideale hoofgereg vir vegetariër­s. GENOEG VIR 8 MENSE BEREIDING: 30 MIN. BAK: 60 MIN. GROENTE 4 eiervrugte, elkeen met 3 diep kepe ingesny sout 60 ml (¼ k) roket-enbasiliep­esto olyfolie 3 rooi en/of geel soetrissie­s, gehalveer 2 rooi-uie, geskil en gehalveer 8 murgpampoe­ntjies 4 elk vlapampoen­tjies en miniskorsi­es 250 g kersietama­ties in verskillen­de kleure PESTOKOESK­OES 250 ml (1 k) koeskoes 250 ml (1 k) kookwater 45 ml (3 e) roket-en-basiliepes­to 400 g kekerertji­es, gedreineer AFRONDING 100 g mozzarella­kaas, in dik skywe gesny basilie Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n bakplaat.

Groente Geur die eiervrugte met die sout en skep die pesto binne die kepe. Pak dit op die bakplaat en sprinkel olyfolie oor. Bak sowat 30-40 min. of tot sag. Verwyder uit die oond en haal van die bakplaat af. Pak die orige groente buiten die tamaties op die bakplaat, geur met sout en giet olie bo-oor. Verhoog die hitte tot 200 °C en bak sowat 15 min. of tot die groente net begin sag word. Verwyder van die bakplaat. Pak die tamaties op die bakplaat, geur met sout, sprinkel olie oor en bak sowat 5 min. of tot dit net begin oopbars.

3 Pesto-koeskoes Giet intussen kookwater oor die koeskoes en laat staan tot dit geswel is. Roer dit los met ’n vurk en voeg die pesto en kekerertji­es by.

4 Afronding Skep die koeskoes op ’n oondvaste opdienbord. Rangskik die groente bo-op, pak die skywe kaas tussenin en bak sowat 10 min. of tot die kaas gesmelt is. Sprinkel die basiliebla­re oor en sit warm voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa