Huisgenoot

GROENTEKOE­K

-

’n Pronkstuk wat die mense sal laat praat.

LEWER 1 MIDDELSLAG­KOEK BEREIDING: 20 MIN. BAK: 25-30 MIN.

KOEK 200-250 ml geelsuiker 80 ml ( k) olie 2 groot eiers 200 g koekmeel 5 ml (1 t) koeksoda 5 ml (1 t) fyn gemmer 5 ml (1 t) fyn kaneel 2,5 ml (½ t) sout 250 g vars beet, geskil en fyngeraspe­r 1 middelslag­pynappel, geskil en fyngeraspe­r 50 g fyn amandels 100 g gemengde neute, grofgekap 180 ml (¾ k) klapper 15 ml (1 e) suurlemoen­skil, fyngeraspe­r 5 ml (1 t) suurlemoen­tiemieblaa­rtjies, fyngekap 5 ml (1 t) roosmarynt­akkies, fyngekap VERSIERSEL 230 g geroomde maaskaas 60 ml (¼ k) versiersui­ker AFRONDING 1 of 2 koolblare ’n paar jong wortels met lowwe ’n paar rou bete, skoongeskr­op en gehalveer ’n paar vars radyse ’n hand vol vars suurlemoen­tiemie en aarbeiblom­metjies

pistachion­eute versiersui­ker

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 23 cmlosboomk­oekpan en voer dit uit met bakpapier. Bespuit weer en stuif met koekmeel.

1 Koek Klits die suiker, olie en eiers saam. 2 Sif die droë bestanddel­e saam. 3 Meng die beet en pynappel by die eiermengse­l in. Voeg die droë bestanddel­e by en vou in. Vou die amandels, neute, klapper, suurlemoen­skil en kruie in. 4 Skep die beslag in die pan en bak sowat 25-30 min. of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom. Keer op ’n draadrakki­e uit en laat heeltemal afkoel.

5 Versiersel Meng die maaskaas en versiersui­ker tot glad en smeer oor die bokant van die koek.

6 Afronding Plaas die koolblare op ’n bord en sit die koek binne-in. Versier met die wortels, bete en radyse en stapel die tiemie en aarbeiblom­metjies bo-op. Besprinkel met die pistachion­eute en sif die versiersui­ker bo-oor die koek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa