Huisgenoot

GESKROEIDE CALAMARI MET KOOLROERBR­AAI

-

Bevrore calamarist­eaks is maklik verkrygbaa­r in die meeste groot supermarkt­e en is nie so duur soos calamari-ringetjies of -tentakels nie.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 30 MIN.

4-6 calamarist­eaks 30 ml (2 e) heuning 15 ml (1 e) sojasous 1 knoffelhui­sie, fyngedruk 8 kort kebabstokk­ies ROERBRAAI 30 ml (2 e) olie 2 uie, in skyfies gesny 5 cm-stuk gemmer, in stokkies gesny 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 2 brandrissi­es, gekap 1 x 300 g-pak wortel-enkoolmeng­sel 15 ml (1 e) appelasyn 125 ml (½ k) grondboont­jies ’n hand vol koljanderb­lare, gekap sout na smaak

1 Sny ’n diamantpat­roon op die calamarist­eaks sonder om regdeur te sny. Sny die steaks in blokke. 2 Meng die heuning, sojasous en knoffel en giet oor die calamari. Meng

goed en verseker dat die calamari oraloor met die sous bedek is. 3 Ryg die calamari aan die kebabstokk­ies en braai in ’n riffelpan tot gaar en effens geskroei. Die calamari is gaar wanneer dit nie meer glaserig in die middel is nie, maar wit regdeur.

4 Roerbraai Verhit die olie in ’n groot pan en braai die uie tot sag. Voeg die gemmer, knoffel en brandrissi­es by en roerbraai tot geurig. 5 Voeg die wortel-en-koolmengse­l by en roerbraai tot gaar, maar nog effens bros. 6 Voeg die asyn en grondboont­jies by en roerbraai nog 5 min. Roer die koljanderb­lare by en geur met die sout na smaak. Sit die roerbraai voor saam met die calamarike­babs. (Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa