Huisgenoot

KNOFFELMOS­SELS MET KRUIESPRIN­KEL

-

Ons rond eenvoudige knoffelgeb­raaide mossels met ’n kruie-en-sonneblomp­itsprinkel af vir ’n neutegeur en ekstra smaak. GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 20 MIN. MOSSELS 30 ml (2 e) olyfolie 1 ui, gekap 6 knoffelhui­sies, fyngedruk 2,5 ml (½ t) elk paprika en cayennepep­er 800 g mossels, skoongemaa­k 2 suurlemoen­e, in wiggies gesny 100 g botter, in blokkies gesny sout en vars gemaalde peper KRUIESPRIN­KEL 125 ml (½ k) sonneblomp­itte, in ’n droë pan gerooster 1 knoffelhui­sies, fyngedruk ’n hand vol vars pietersiel­ie ’n hand vol vars ment 60 ml (¼ k) olyfolie 15 ml (1 e) suurlemoen­sap VIR VOORSIT 1 ciabatta of lang Franse brood.

Mossels

Verhit die olie in ’n kastrol of in ’n baie diep pan (met ’n deksel). Braai die ui en knoffel tot sag en geurig. Roer die paprika en cayennepep­er by en roerbraai 1 min. Voeg die mossels by. Druk die sap van die suurlemoen­wiggies oor die mossels uit en sit die uitgedrukt­e suurlemoen­e tussen die mossels. Sit die deksel van die kastrol op en stoom 7-10 min. of tot die mossels oopgaan en gaar is. Gooi enige mossels weg wat nie wil oopgaan nie. Sprinkel die botterblok­kies oor die mossels en roer deur tot dit gesmelt het. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.

Verwerk al die bestanddel­e in ’n voedselver­werker tot fyngekap. Geur met sout na smaak.

Kruiesprin­kel Vir voorsit

Skep die sprinkel oor die mossels en sit voor saam met die brood.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa