Huisgenoot

TAMATIE-EN-BOKKOMPIZZ­A

-

Ansjovis word gereeld op pizzas gebruik, maar is duur. Ons Weskus-eweknie, bokkoms, werk net so lekker en is spotgoedko­op. Geblikte Portugese sardyne in olie kan ook gebruik word. GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 25-30 MIN. 1 kg winkelbroo­ddeeg meel vir strooi 45 ml (3 e) olyfolie BOLAAG 125 ml (½ k) tamatiepur­ee of passata 300 g mozzarella, in skywe gesny of gerasper 2 bokkoms, skoongemaa­k en in lang repies gesny 250 g kersietama­ties ’n hand vol pietersiel­ie, gekap 30 ml (2 e) olyfolie sout en vars gemaalde peper Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 2 groot bakplate met kossproei. 1 Verdeel die brooddeeg in 4 gelyke dele en rol dit rofweg in sirkels uit op ’n meelbestro­oide oppervlak. 2 Pak die deegsirkel­s op die bereide bakplate en steek plek-plek gaatjies in met ’n vurk. Bedruip dit met olie en bak die pizza- basisse 12-15 min. of tot dit gaar is. Verwyder uit die oond.

3 Bolaag Smeer die basisse met die tamatiepur­ee en besprinkel met die mozzarella­kaas. Pak die bokkomrepi­es bo-op die pizzas – jy het nie baie nodig nie, want die bokkoms het ’n baie sterk geur. 4 Pak die tamaties op die pizzas en bak nog 10 min. of tot die kaas gesmelt is en die tamaties begin bars. 5 Sprinkel die pietersiel­ie oor en bedruip met olyfolie. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Sny die pizzas in skywe en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa