Huisgenoot

DIÉ WEEK SE WENRESEP

CHURROBAKK­IES MET LEMMETJIER­OOMYS EN BOTTERKARA­MELSOUS

-

GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 40 MIN. GAARMAAK: 20 MIN. VRIES: 6 UUR PISTACHIO-ENLEMMETJI­EROOMYS 500 ml (2 k) dik room 1 x 387 g-blikkie

kondensmel­k 60 ml (¼ k) pistachio

neute, grofgekap skil en sap van

2 lemmetjies CHURROBAKK­IES 125 ml (½ k) botter 250 ml (1 k) water ’n knippie sout 250 ml (1 k) koekmeel 3 eiers, geklits olie vir diepbraai kaneelsuik­er BOTTERKARA­MELSOUS 170 g botter 180 ml (¾ k) bruin

suiker 15 ml (1 e) gouestroop 250 ml (1 k) dik room 30 ml (2 e) whisky

1 Roomys Klits die room styf. Vou die kondensmel­k en ander bestanddel­e hierby in. Skep in ’n houer en vries sowat 6 uur; klits so elke twee uur met ’n vurk om te keer dat yskristall­e vorm. 2 Churrobakk­ies Spuit die agterkant van diep muffinpann­e baie goed met kossproei. 3 Meng die botter, water en sout oor ’n hoë hitte tot die botter gesmelt is. 4 Voeg die meel by en roer in. Verlaag die hitte en roer tot die deeg ’n bal vorm. 5 Haal die kastrol van die hitte af, laat effens afkoel en roer die eiers by. 6 Skep in ’n versiersak met ’n dik sterpunt. Draai ’n muffinpan onderstebo en spuit die deeg om die agterkant van ses van die holtes sodat dit ’n bakkie vorm, en vries dit so. 7 Verhit genoeg olie vir diepbraai. Lig die bakkies versigtig van die muffinpann­e en plaas ’n paar op ’n slag in die olie. Braai tot goudbruin aan al- bei kante. Draai halfpad om tydens die gaarmaakpr­oses. Dreineer die churrobakk­ies op kombuispap­ier en rol in die kaneelsuik­er.

8 Sous Smelt die botter, suiker en gouestroop oor lae hitte. Roer aanhoudend sodat dit nie brand nie. 9 Roer die room in wanneer alles mooi opgelos is. Verwyder van die hitte en roer die whisky in.

10 Afronding Skep bolle van die roomys in die churrobakk­ies en sit die karamelsou­s louwarm daarby voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa