Huisgenoot

WIL ONTDUIKERS OP SWARTLYS KRY

-

Kan ek my eks by skuldeiser­s aangee sodat sy naam op ’n swartlys verskyn? Hy betaal nie onderhoud vir die kinders nie, al het hy die geld. My kinders se stiefma kry ook ’n salaris. Kan ek onderhoud by haar eis? Riki, SMS Volgens bepalings van die Wysigingsw­et op Onderhoud wat aan die begin van die jaar in werking getree het, kan onderhouds­beamptes by howe die persoonlik­e besonderhe­de van wanbetaler­s en ontduikers van onderhoud aan kredietbur­o’s verskaf. Jy kan dit gerus met die onderhouds­beampte bespreek by die hof waar jou onderhouds­bevel toegestaan is. Geen krediet sal aan iemand toegestaan word wat agterstall­ig is met onderhouds­geld nie. As die adres en telefoonno­mmers van so ’n wanbetaler nie bekend is nie, kan die hof selfs selfoonver­skaffers verplig om hul kontakbeso­nderhede beskikbaar te stel. Die hof kan ook getuies dagvaar om feitelike bewyse te gee van die finansiële posisie van iemand wat by die onderhouds­hof aangekla word.

As jou eks en sy nuwe vrou binne gemeenskap van goedere getroud is, sal haar bydrae tot die huishoudin­g in aanmerking geneem word wanneer die onderhouds­bedrag uitgewerk word.

Stiefouers wat buite gemeenskap van goedere getroud is, kan nie wetlik verplig word om hul stiefkinde­rs te help onderhou nie.

Gaan na www.justice.gov.za/vg/mnt. html vir nog inligting.

‘Intimiteit hang baie af van hoe veilig iemand in ’n verhouding voel’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa