Huisgenoot

EKS BLY OP HAAR NEK LÊ

-

’n Man met wie ek twee jaar lank ’n verhouding gehad het, woon steeds by my in my huis. Ons verhouding het versuur en ek het hom al herhaaldel­ik gevra om uit te trek, maar hy sê net hy sal nie. Hy is werkloos en het kinders op laerskool. Ek het self ’n kind wat ek moet onderhou. Emosioneel mergel hy my uit. Ek het al ’n prokureur gaan sien, maar hy sê ’n uitsetting­sbevel is ’n lang proses. Hoe kry ek die man hier uit? H op S Soms kan dit die geld werd wees om so ’n ewige loseerder ander blyplek vir hom en sy kinders te help kry, al kos dit ’n paar rand op kort termyn. Maak ook seker of hy weet hy kan as werklose vir welsyntoel­aes vir sy kinders by die departemen­t van sosiale ontwikkeli­ng aansoek doen (www.gov. za/services/child-care-social-benefits/ child-support-grant).

Help die kinders se ma enigsins om hulle finansieel te versorg, en het jy bewyse hiervan?

Nog ’n opsie is om ’n gesinsbemi­ddelaar te nader om die situasie te help beredder. As die bemiddelin­gsproses nie slaag nie, kan jy weer regsadvies vra.

Kom die voorwaarde­s van die uitsetting­sproses stiptelik na, soos dat jy jou eks eers skriftelik kennis moet gee om jou huis binne 30 dae te ontruim. Die kennisgewi­ng moet per geregistre­erde pos aan hom gestuur word. As hy nie in dié tyd uittrek nie, kan jy as eienaar om ’n hofbevel vir uitsetting aansoek doen. Stel hom 14 dae voor die hofaansoek daarvan in kennis.

As hy dit teenstaan, moet julle albei jul saak in die hof stel. Voor die hof ’n uitsetting­sbevel toestaan, word verskeie faktore in ag geneem, soos hoe lank hy reeds by jou woon sowel as sy kinders se behoeftes. Die hof sal die uitsetting­sbevel toestaan as die uitsetting in die omstandigh­ede as regverdig en uitvoerbaa­r beskou word.

As die saak nie teengestaa­n word nie, sal die hof ook die uitsetting­sbevel toestaan. Jou eks moet dan binne 30 dae jou eiendom verlaat.

Doen hy dit nie, sal die balju hom van die eiendom kom verwyder.

As hierdie stappe teen jou eks enigsins jou of jou kind se veiligheid in gevaar kan stel, stel ek voor jy vra ’n familielid of vriendin om by jou in te trek voor jy met die proses begin. Sorg ook dat jy vriende en familie gereeld hieroor inlig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa