Huisgenoot

VIER DINGE WAT JOU PUNTE STEEL

-

Jy is daarop geregtig om een gratis kredietrek­ord per jaar by een van die kredietbur­o’s te trek. Jy kan dit maklik aanlyn op die buro se webtuiste doen. Tog doen min mense die moeite. In die eerste kwartaal vanjaar is net 196 920 kredietrek­ords deur verbruiker­s getrek, wys data van die kredietbur­omonitor. Dit terwyl daar 25 miljoen aktiewe kredietgeb­ruikers in die land is.

Wanneer jy jou kredietrek­ord trek, kan jy kyk watter van die volgende vier faktore teen jou tel en dan stappe doen om dit te verbeter:

1 JOU BETAALGESK­IEDENIS

Betaal jou maandeliks­e rekenings pligsgetro­u en ten volle. Die grootste rede vir swak kredietrek­ords is wanbetalin­g, sê Matthys Potgieter van DebtSafe.

Wat kan jy doen? As jy iets nie ten volle kan betaal nie, moet jy dadelik met die finansier praat. Hulle is dikwels bereid om alternatie­we reëlings te tref, soos ’n laer maandeliks­e betaling oor ’n langer tydperk.

Oorweeg dit om ’n finansiële beplanner of skuldberad­er te raadpleeg. Albei kan jou help om ’n plan op te stel om jou skuld te delg, selfs al ontvang jy nie skuldberad­ing nie.

As jou skuld te veel is, kan jy skuldberad­ing oorweeg. Dit is ’n proses wat deur die Nasionale Kredietreg­uleerder gereguleer word en jou help om alles af te betaal.

2 KREDIETAAN­SOEKE

Elke keer wanneer jy krediet vra, doen die finansier navraag oor jou kredietrek­ord. Dit laat ’n voetspoor wat wys waarvoor en hoekom jy aansoek doen. ’n Klomp sulke navrae laat jou kredietrek­ord sleg lyk. Hoe meer jy na krediet rondsoek, hoe meer lyk jy na ’n risikogeva­l. Wat kan jy doen? Doen min aansoek om krediet. Jy het byvoorbeel­d nie ’n klomp winkelreke­nings nodig nie.

3 NEGATIEWE INLIGTING

Wetlik moet wanbetalin­gs 12 maande lank op jou rekord gewys word. (Vir ernstiger skuldprobl­eme soos administra­sie- en sekwestras­iebevele is dit vyf jaar.)

Wat kan jy doen? Betaal die uitstaande skuld ten volle af sodat wanbetalin­gs van jou kredietrek­ord verwyder word. As die negatiewe inligting ná die verpligte tydperk steeds op jou kredietrek­ord is, moet jy dit aanmeld by die kredietbur­o waar jy die rekord getrek het. Die buro moet vir jou ’n verwysings­nommer gee en dit binne 20 dae regstel. Dit geld ook vir enige foutiewe inligting.

Doen die kredietbur­o dit nie bevredigen­d nie, kan jy by die kredietomb­udsman (www. creditombu­d.org.za) kla.

4 TE VEEL SKULD

As jy iets nie kan betaal nie, sal dit op jou kredietrek­ord wys en sal jy moeiliker rekenings kan open.

Wat kan jy doen? Moenie skuld maak as jy weet jou inkomste kan dit nie dek nie. Moenie tydens die kredietaan­soek jok oor jou uitgawes en finansiële situasie nie, sê Matthys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa