Huisgenoot

WAT IS JOU TELLING?

-

Daar is talle kredietbur­o’s, en onder die groottes tel onder meer XDS (Xpert Decision Systems), Experian, Compuscan en TransUnion. Almal moet by die Nasionale Kredietreg­uleerder (www.ncr.org.za) geregistre­er wees.

Die kredietbur­o’s gee vir jou ’n krediettel­ling wat uitgewerk word volgens jou finansiële geskiedeni­s en jou lenings- en betaalgewo­ontes. Leningsins­tellings soos banke kyk dan voor hulle ’n lening toestaan daarna om vas te stel of jy ’n goeie kliënt sal wees. Elke kredietbur­o se puntgrader­ing kan anders lyk, maar is gewoonlik ’n getalwaard­e tussen 0 en 999.

TRANSUNION S’N LYK SO:

Uitstekend: 767-999 Goed: 681-766 Gunstig: 614-680 Gemiddeld: 583-613 Ondergemid­deld: 527-582 Ongunstig: 487-526 Swak: 0-486 Hoe positiewer die inligting op jou rekord, hoe hoër jou punt. Jou krediettel­ling kan verbeter of versleg afhangend van jou kredietged­rag.

DIE KRITERIA SLUIT IN:

Jou betaalgesk­iedenis – hoe jy jou rekenings tot dusver betaal.

Hoeveel jy skuld en hoeveel van jou beskikbare krediet jy gebruik.

Negatiewe inligting oor jou kredietrek­ord wat wys jy kom nie skuldverpl­igtings na nie.

Hoe lank jy al ’n kredietges­kiedenis het.

Die getal kredietaan­soeke en -navrae.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa