Huisgenoot

MENTOR MET DIE X-FAKTOR

Tarryn Lamb se reis na musieksuks­es het 16 jaar gelede in Idols begin; deesdae is sy ’n ster uit eie reg wat ook ander se talent slyp

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­NGREY

HAAR naam klink skielik oral op. Op die kassie sien ons haar as een van die vier bekendes uit die plaaslike musiekbedr­yf wat aspirant sangers touwys maak in die nuwe VIA-werklikhei­dsreeks Die Kontrak. En oor die radio hoor ons haar engelstem liedjies sing van haar nuwe debuutalbu­m, Mal oor Jou.

Tog is die sexy donkerkop geen nuweling op die toneel nie. Tarryn Lamb het die suksesleer stadig maar seker geklim vandat sy as blinkoogti­ener in 2002 die top-50 in die eerste seisoen van die sangkompet­isie Idols gehaal het.

Nou kan sy eindelik die vrugte pluk van 16 jaar se harde werk, uithou en aanhou.

Barry Pretorius, die konsertreg­isseur van Afrikaans Is Groot, praat met groot lof van haar. “Die sogenaamde X-faktor is maar yl gesaai, maar dis vir Tarryn so natuurlik soos asemhaal. Die stem, die volle pakket, die manier hoe sy ’n gehoor in die palm van haar hand hou, is merkwaardi­g. Sy sou ’n superster in enige land en taal kon wees,” meen hy.

En nou deel sy haar suksesgehe­im met die twee deelnemers aan Die Kontrak wat sy onder haar vlerk geneem het. Tarryn het Tyral-Lee Miggels (20), wat intussen uitgeval het, en Tatum Strydom (17) self uit honderde video-inskrywing­s vir die TV-sangkompet­isie gekies. “As mentor is ek daar om te help, met talent te werk en deelnemers af te rig,” verduideli­k sy. “Ek wil deelnemers gemaklik laat voel, want ek verstaan hoe dit in kompetisie­s is.”

Tarryn, wat ook al as Kim Adams in die kykNET-sepie Suidooster was en ’n Safta vir beste vroulike byspeler vir haar rol gewen het, lag uit haar maag toe sy aan haar eie deelname as 17-jarige aan Idols terugdink. “Oe nee, ek was terrible ! Want ek was heeltyd so op my senuwees,” onthou sy.

Daardie eerste, skrikwekke­nde ervaring voor die TV-kameras help haar nou verstaan hoe die hoopvolle deelnemers aan Die Kontrak voel.

Soos die naam aandui, wentel alles om ’n kontrak – ’n platekontr­ak van Coleske Artists ter waarde van R1 miljoen waar- mee die wenner sal wegstap. Elk van die agt deelnemers kry aan die begin van die kompetisie ’n kontrak, maar dié word opgeskeur namate hulle week ná week een vir een uitgeskake­l word.

Die druk van televisies­angkompeti­sies soos dié het Tarryn destyds as Idols-deelnemer tot trane gedryf. “Ek onthou ek het heeltyd gehuil; ek was so op my senuwees.

“En toe ek uitgestem is, was ek platgeslaa­n. Dit het vir my gevoel of my hele wêreld ineenstort,” sê sy met ’n tikkie drama in haar stem.

Dan lag sy en neem ’n slukkie van haar cappuccino waar ons in haar gunsteling­restaurant in Kalkbaai, Kaapstad, gesels. Sy het ’n entjie hiervandaa­n in Ocean View grootgewor­d as die middelste van pa Devon Lamb en ma Lynne se drie kinders. Haar pa was voor sy aftrede ’n sjef en adjudantof­fisier in die vloot en haar ma ’n onderwyser­es. Sy het ’n ouer broer, Clinton, en jonger suster, Tatum.

Tarryn, wat nou in Plumstead in die suide van Kaapstad woon, was tot sowat ’n jaar gelede die voorsanger van die Engelse musiekgroe­p BlackByrd. Tog het sy besluit om haar debuutalbu­m as solo-

sanger in Afrikaans uit te reik. reik

“My pa is Afrikaans en my ma Engels,” verduideli­k sy en skerts: “Ek praat maar ’n mengelmoes.”

Op ’n ernstiger noot vertel sy: “My pa is so trots dat ek nou ook in Afrikaans sing.”

HAAR eerste treë in die mededingen­de musiekwêre­ld het sy as ’n bloedjong Idols-deelnemer gegee. “Dit was my eerste keer in Johannesbu­rg, my eerste keer op ’n vliegtuig en die eerste keer dat ek blootgeste­l was aan musiek wat ek nie by die skool gesing het nie,” vertel sy terwyl die stuifreën buite oor die grys see neersif.

Toe sy uitgestem word, was dit nie die einde van haar musiekdroo­m nie. Net ná matriek het Tarryn ’n oudisie afgelê vir die musiekspel Fame by die Kunstekaap in Kaapstad.

“Die vervaardig­er (Hazel Feldman) het my ná my oudisie gevra of ek sal gaan studeer as sy vir my studie betaal. Ek het net gedink: Wa-a-at? Dit was vir my ongeloofli­k. Ek het nou wel nie die rol in die musiekspel gekry nie, want ek was nie in dans en drama opgelei nie, maar sy het my potensiaal raakgesien.” Sy het daarna vier jaar lank aan die Waterfront­teaterskoo­l in Kaapstad studeer.

Sy was skaars met haar studie klaar, toe speel sy in David Kramer se musiekteat­erproduksi­e The Kramer Petersen Songbook. “En daarna was ek in die Madame Zingara-produksie as lid van die groep Step Sisters. Ons was amper soos daai Dream Girls, almal met die stywe rokkies wat so uit- flare,” en sy beduie met haar hande al langs die pype van haar modieuse jeans af.

In 2009, met die Wêreldbeke­rsokkertoe­rnooi om die draai, het Tarryn saam met ’n musiekbest­uurder besluit om ’n musiekgroe­p te begin. Hulle het ’n advertensi­e op die webtuiste Gumtree geplaas om nog twee lede vir die nuwe groep, La Vuvuzela, te kry.

“Ek is in daardie stadium baie deur Lady Gaga geïnspiree­r, en ek het gedink as ander sulke weird en funky kostuums kan dra, kan ons seker ook . . .”

Nadat sy begin liedjies skryf en kitaar leer speel het, het sy met die idee vir BlackByrd vorendag gekom – ’n groep met van dieselfde lede as La Vuvuzela, maar met ’n nuwe styl en klank. Hulle het vyf jaar lank saam opgetree. “Ons was dikwels die enigste Engelse musiekgroe­p op Afrikaanse feeste,” onthou sy.

Tarryn het van BlackByrd se treffers self geskryf, soos I Feel Good Today, wat die temalied van SABC3 se ontbytprog­ram Expresso geword het. Sy meen sy kry haar skryftalen­t van haar ma, Lynne. “My ma is ook baie lief vir skryf. Sy sê altyd ’n liedjie moet huil. Jy moet hom kan vóél.”

Tarryn bring haar vrye tyd deur saam met haar familie en verloofde, Lester Timothy, ’n prokureur. “Ons ry graag bergfiets en is ook dol oor reis,” vertel sy. En tussendeur beplan sy hul troue in November. “Hy is my beste vriend en so ’n cool mens,” borrel sy.

Toe sy met die geklikklak van haar hoë hakke uit die restaurant stap, laat sy met haar welige bos hare en vietse lyfie omtrent die koppe draai. Dan groet sy soos ’n ou vriendin en stap weg terwyl die son eindelik in Kalkbaai deur die reënwolke breek.

Die Kontrak word elke Woensdag op 20:00 op VIA (kanaal 147 op DStv) uitgesaai.

 ??  ?? Die sangeres Tarryn Lamb is nou in Die Kontrak op VIA (kanaal 147 op DStv) te sien.
Die sangeres Tarryn Lamb is nou in Die Kontrak op VIA (kanaal 147 op DStv) te sien.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: LI Tarryn, Tamsyn Maker (links) en Axene Ax Prinsloo was BlackByrd. BO: Tarryn sa saam met Bobby van Jaarsveld en die Die K Kontrak-deelnemer Tyral-Lee Miggels.
LINKS: LI Tarryn, Tamsyn Maker (links) en Axene Ax Prinsloo was BlackByrd. BO: Tarryn sa saam met Bobby van Jaarsveld en die Die K Kontrak-deelnemer Tyral-Lee Miggels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa