HIER KOM GERRIE NO. 2!
Die oudbokskampioen Gerrie Coetzee is deesdae weer in die kryt as afrigter vir sy ewe talentvolle kleinseunn ‘Dit wat ek die afgelope 18 maande by hom gesien het, is ongelooflik’
IN SY roemryke loopbaan was hy keer op keer in die bokskryt om teen die grootste name van sy tyd te baklei. Maar wanneer Gerrie Coetzee deesdae deur die toue klim, is dit as ’n trotse oupa wat sy kleinseun afrig om hopelik ook eendag swaargewigwêreldkampioen te word. Op 19 is Dillion Coetzee uitgeknip ’n jonger Gerrie. Soos sy oupa tref hy jou as skamerig, ’n man van n min woorde wat in die kryt sy vuiste die praatwerk laat doen. In die afgelope18 e18 maande het die jong Coetzee aan twee wee toernooie deelgeneem en albei gewen. wen.
“Ek het altyd geweet eet myy my oupap oupa was ’n bokskampioen, maar r het nooit werklik besef hoe groot oot hy hyh was nie,” sê Dillion.
Gerrie het immers s 35 jaar jaarj gelede derduisende Suid-Afrikaners frikanners vroegoggend laat asem ophou phouu toe hy in die Richfield-colosseum sseuum in Ohio teen MicM Michael Dokes geveg het om die Wêrel Wêreldboksvereniging se wêreldkamppio wêreldkampioen te word. Dit was die diie derde d keer dat Gerrie as beroepsbokser beroeeps na die gesogte wêreeld wêreldswaargewigtitel gemikk mik he het. Vier jaar tevore, in 19779, 1979, het hy teen die Amerikkan rikaner John Tate en ’n jaar laate later teen Mike Weaver, ooko ook ’n Amerikaner, verlool loor. Veral die nederlaag teet teen Weaver was ’n bitter pil om te sluk, want die stewigge stewige uitklophou u wat Gerrie in die 13de 13dde ronde gekry het, was die eerstee eerste van v sy loopbaan. Maar pl pleks van daarna sy bokshannds bokshandskoene wegpak, het hy aanhouu aanhou oefen. o Want daardie titel is hoom hom beskore, het hy geglo. Vroegoogg Vroegoggend op 23 September 1983 het die di kommentators se stemme inn in b byna elke huis in SuidAfrika opgeklink oppg toe hulle die atmosfeeer atmosfeer i in die volgepakte stadion beskryf. beesk Saam met die meer ass as 7 000 toeskouers kon Gerrie se see aanhangers a by die huis elke beewe beweging van die twee beste swwaa swaargewigboksers in die wêreld volg, vvo hul vinnige voet- werk en die houe waarmee hulle mekaar moker.
In die 10de ronde, met bloed wat drupdrup uit ’n snywond bo Gerrie se oog, het hy Dokes eindelik met ’n uitklophou grond toe laat syg.
Nie eens ’n gebreekte hand kon Gerrie keer om hoog in die lug op te spring en toe agteroor op sy rug neer te slaan van loutere vreugde nie. Op daardie onvergeetlike oomblik in ons sportgeskiedenis het Gerrie die eerste Suid-Afrikaner geword wat die titel swaargewigbokskampioen huis toe bring.
Skielik was hy nie meer Gerrie “Seer Handjies” Coetzee nie, maar Gerrie die wêreldkampioen.
HIER in die boksgimnasium in Ottery, Kaapstad, sit die voormalige kampioen sy twee hande langs mekaar op die tafel voor hom neer. Die ou, geplooide hande is vol merke wat elk ’n storie kan vertel. Wanneer hy die palms teen mekaar druk, sien jy sy linkerhand se vingers is heelwat korter as sy regterhand s’n.
“Dit is van al die operasies wat ek deur die jare moes kry,” vertel Gerrie, wat gereeld sy vingers en selfs sy hande in die bokskryt gebreek het. Hy moes spot
daaroor verduur toe sy jare lange teenstander Kallie Knoetze hom destyds die bynaam “Seer Handjies” gegee en Leon Schuster ’n liedjie oor “Gerrie Seer Handjies Coetzee” geskryf het.
Sy probleme met sy hande was een van die redes waarom hy die titel wêreldkampioen die volgende jaar aan die Amerikaner Greg Paige moes afstaan.
“My hand het in daardie geveg heeltemal gebreek. Die mense wat onder die kryt gestaan het, kon die geluid hoor,” onthou Gerrie. “Maar vandag het ek geen pyn in my hande nie,” voeg hy by.
Op 63 is hy steeds ’n lenige figuur van 1,92 m met ’n grys skynsel in sy eens donker hare. Langs hom sit Dillion, ’n aantreklike donkerkop, op 1,86 m ’n raps korter as sy beroemde oupa. Hy trek die skaal op ’n stewige 85 kg.
Die trots straal uit Gerrie, ’n pa van drie, se oë toe hy na sy kleinseun, die oudste van sy en sy vrou, Rina (62), se sewe kleinkinders, kyk. Dillion is hul oudste dogter, Lana Coetzee, se seun.
“Ek is nie iemand wat voorspel nie, maar as ek so na hom kyk, voel dit vir my hy kan die volgende wêreldkampioen word. Dit wat ek die afgelope 18 maande by hom gesien het, is ongelooflik,” sê Gerrie van die tyd dat hy Dillion afrig.
As kind het hy gereeld speel-speel teen sy oupa se hande of ’n slaansak in die motorhuis geboks. Op skool het hy “’n bietjie rugby’’ gespeel, vertel Dillion, maar so twee jaar gelede het hy ál meer in boks begin belangstel.
Dillion, wat vir sy oom Gerhard Coetzee in sy loodgietersonderneming werk, oefen elke aand twee uur lank. Elke Dinsdag- en Donderdagaand het hy en sy oupa ’n oefensessie in die gimnasium. Is sy oupa ’n streng afrigter? “Nie so baie nie,” sê Dillion. “My oupa is met ’n belt geslaan as hy nie die slaansak hard genoeg geslaan het nie. Dit is darem glad nie die geval met my nie,” lag hy.
Gerrie se pa, Flip, het hom destyds afgerig. Toe Gerrie met die geboorte van sy middelkind pa van ’n seun word, wou hy nie druk op Gerhard plaas om te boks nie. Hy het wel sy enigste seun ’n bietjie touwys gemaak in die kryt, maar pleks van bokser word, het Gerhard ’n ruk in Amerika voetbal gaan speel.
Ook Gerrie se kleinseun Ethan Wilson, sy jongste dogter, Tana, se kind, is ’n kranige rugbyspeler. Op 12 draf hy al vir die Baba-Haaie uit.
Tot dusver is Dillion die enigste klein- seun wie se kop kryt toe staan. En met ’n kombinasie van goeie gene, talent en ure se oefening hoop hy om in sy oupa se voetspore te volg.
Sy oupa is sy held, sê hy. Hy kyk vol bewondering na Gerrie terwyl dié stories oor sy boksdae vertel.
Op vyf het Gerrie se pa hom al daar in Boksburg, waar hy grootgeword het, leer boks. Op 10 het hy in Benoni aan sy eerste boksgeveg teen ene Hennie Colyn deelgeneem. “Hennie was my eerste sege, en die gevoel was thrilling,” onthou Gerrie.
“My ma se senuwees was heeltemal op. Maar my pa het elke week vir my een kroon (destyds 50c) gegee om my te motiveer om aan te hou boks.”
Op 15 het Gerrie skool verlaat en ’n tandtegnikus geword. Tussendeur het hy ’ n strawwe oefenprogram gevolg. “Soggens het ek vyfuur opgestaan en 18 keer om die blok gedraf terwyl my pa tyd hou. Dan het ek gaan bad. My ma het vir my ProNutro gegee, en ek het die 2 km stasie toe gehardloop. Wanneer die trein in Germiston stop, het ek die 1 km kantoor toe gehardloop.
“En dan moet ek die middag weer terug. In die aand het ek in die gimnasium of motorhuis oefen.”
Gerrie het elke jaar vandat hy 12 was tot hy 16 geword het die Transvaalse, Oos-Transvaalse en Suid-Afrikaanse juniorkampioenskapsreeks gewen.
Op 17 het sy pad die eerste keer in ’n bokstoernooi op Bronkhorstspruit met dié van Kallie Knoetze gekruis. Gerrie het vol selfvertroue in die kryt geklim, maar in die tweede ronde teen Kallie verloor.
“Sjoe, dit was verskriklik sleg vir my en my pa,” onthou Gerrie.
Drie maande later het die twee jong boksers weer teen mekaar geveg, en dié keer het Gerrie gewen. Teen die tyd dat hulle ses keer teen mekaar te staan gekom het, het elkeen drie gevegte gewen.
In een daarvan het Gerrie vir Kallie ’n uitklophou gegee – en op daardie oomblik het hy geweet hy gaan nog eendag die wêreldtitel vir swaargewigboks wen.
Nou koester Dillion dieselfde ambisie – en met ’n voormalige wêreldkampioen as afrigter én oupa in sy hoek, is dit nie ’n onmoontlike droom nie . . .