Huisgenoot

KATE MOSS – GESOND EN GELUKKIG!

-

SY WAS die heroïensla­af wat dit tog kon regkry om sjiek te lyk met haar hol wange, heupbene wat uitstaan en oë met rokerige kohlgrimer­ing. As opperste partytjiem­eisie het sy uit taxi’s geval, voor stoutseuns geswig, saam met ’n twyfelagti­ge groep uitgehang en enige tyd dwelms, drank en sigarette bo ’n gesonde maaltyd verkies.

Maar enigeen kan ’n nuwe blaadjie omslaan as hulle regtig wil – selfs Kate Moss (44).

Die vrou wat in die suide van Frankryk op die dek van ’n seiljag gesonbaai het, sal jy skaars herken as die uitgeteerd­e model wat dekades lank die loopplank oorheers het.

Sonder ’n krieseltji­e grimering het ’n sonbruin Kate met gesonde kurwes in ’n skrapse bikini gespog.

Sy het gesond en gelukkig gelyk terwyl sy saam met haar kêrel, Nikolai von Bismarck (31), dogter, Lila Grace (16), en ’n paar vriende aan die kus van Saint- Tropez opez ontspan tspan het. t. “Kate drink nie meer nie; sy’s heeltemal skoon,” k ”h het h haar kleinsus, die model Lottie Moss (20), onlangs vertel. “Sy het rustig geraak en is gelukkig saam met haar nuwe kêrel.” Kate se dae van hard partytjie hou het beslis sy tol geëis wat haar voorkoms betref, en sy het ’n nuwe gesondheid­sprogram begin volg om die skade ongedaan te probeer maak. “Kate is nie naastenby so wild as wat mense dink nie,” het ’n bron aan die Britse koerant Daily Mail gesê. “Natuurlik hou sy – soos ons almal – van ’n lekker partytjie, maar sy drink nou skaars.” Deesdae doen sy joga, gim drie keer per week en drink soggens ’n voedsame groen sap, en sy het feitlik opgehou drink en rook. Sy het wel op een kiekie wat van haar in Saint-Tropez geneem is ’n sigaret in die hand.

Tog lyk dit of Kate ernstig is oor haar nuwe gesonde leefstyl. Op die viering van haar dogter se 16de verjaardag in ’n restaurant in Londen het sy aan alkoholvry­e gemmerbier geteug.

Dit doen haar duidelik goed. Nie net lyk haar vel stralend nie; sy slaap ook beter en het meer energie.

“Niemand wil goor voel nie, en Kate se voorkoms is haar fortuin,” sê die bron.

“Natuurlik sal sy na haar gesondheid kyk – sy sou gek gewees het om nie daarin te belê om so lank moontlik beeldskoon te bly nie.”

 ??  ?? KateMossKa­teMoss, haar dogter dogter, Lila Grace Grace, en kêrel, Nikolai von Bismarck, met vakansie in die suide van Frankryk. Danksy die sowat R162 miljoen wat sy verlede jaar verdien het, is sy nou weer Brittanje se bes betaalde model – en dit op 44!
KateMossKa­teMoss, haar dogter dogter, Lila Grace Grace, en kêrel, Nikolai von Bismarck, met vakansie in die suide van Frankryk. Danksy die sowat R162 miljoen wat sy verlede jaar verdien het, is sy nou weer Brittanje se bes betaalde model – en dit op 44!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa