Huisgenoot

ANDER PROSEDURES

-

Biopsie uit die testes

Dit word gedoen in gevalle waar ’n man ’n obstruksie in die testes het of ’n vasektomie ondergaan het. Weefsel word uit die testes gehaal en oopgesny, en die sperma daarin word vir IVB gebruik, verduideli­k Birgit. Dié prosedure kos sowat R12 000.

Embrioskoo­p

Embrio’s wat deur IVB verwek is, word onder ’n mikroskoop in ’n broeikas geplaas en elke 10 minute afgeneem. Die foto’s word in ’n video saamgevoeg om die embrio se ontwikkeli­ng na te gaan. ’n Embrioloog bepaal dan watter embrio’s die beste kans op sukses sal hê wanneer hulle in die baarmoeder geplaas word. Die koste daarvan is sowat R4 500.

Bystand met ontwikkeli­ng van eierselle (“Assisted hatching”)

Tydens IVB én in die baarmoeder omring ’n jellieagti­ge proteïenla­ag die eiersel en keer dat meer as een sperm dit binnedring. Die lagie beskerm ook die embrio tot op die vyfde of sesde dag, waarna dit afgeskud word.

Wanneer die embrio bevries was, kan die proteïen in die lagie verander en veroorsaak dat die embrio daarin vasgekeer word. Dieselfde kan gebeur met eierselle van vroue ouer as 38. Met dié tegniek word die embrio in ’n laboratori­um gehelp om uit die lagie los te kom wat sy verdere ontwikkeli­ng strem. Die koste beloop sowat R2 500.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa