Huisgenoot

Spaar met dié sakpas seekosrese­pte

Ons berei ’n fees sonder duur bestanddel­e – en jy hoef nie aan die kus te woon nie

- Resepte en stilering: ESTHER MALAN Foto’s: JACQUES STANDER

VISFRIKKAD­ELLE MET SALSASLAAI

Met ’n paar blikkies tuna kan ’n mens wonders verrig. Ons rek dié frikkadelm­engsel met aartappel en kool en sit dit voor saam met salsa. GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. VERKOEL: 15 MIN. GAARMAAK: 30 MIN. FRIKKADELL­E 30 ml (2 e) olyfolie 1 ui, gekap ¼ kopkool, gesnipper 2 x 170 g-blikke tunastukke, gedreineer 4 aartappels, gaar gekook, geskil en rofweg fyngedruk gerasperde skil van 1 suurlemoen ’n hand vol vars pietersiel­ie, gekap sout en witpeper ekstra olie vir vlakbraai SALSA 1 ui, gekap 3 tamaties, in blokkies gesny 1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer ’n hand vol vars pietersiel­ie, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 1 brandrissi­e, gekap, opsioneel ’n knippie suiker 30 ml (2 e) witwynasyn sout en vars gemaalde swartpeper

1 Frikkadell­e Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die kool by en roerbraai tot verwelk. Skep uit en hou eenkant. 2 Plaas die tuna, aartappels, suurlemoen­skil en pietersiel­ie in ’n mengbak. Voeg die koolmengse­l by en meng goed. Geur met die sout en witpeper na smaak. 3 Rol okkerneutg­rootteball­etjies van die mengsel en pak op ’n bord. Bedek dit met kleefplast­iek en laat minstens 15 min. in die yskas verkoel. 4 Verhit genoeg olie in ’n diep pan vir vlakbraai en braai die frikkadell­e in sarsies tot goudbruin en deurwarm. Dreineer op kombuispap­ier.

5 Salsa Meng die bestanddel­e goed en geur met die sout en peper na smaak. Sit die salsaslaai voor saam met die frikkadell­e.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa