Huisgenoot

Meghan en Harry besoek hul graafskap

Meg en Harry was die ene warmte op hul eerste besoek aan hul graafskap

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK BRONNE: DAILY MAIL, THE SUN, PEOPLE, US WEEKLY, HELLO! THE EXPRESS, VOGUE

HONDERDE harte is gesteel toe die hertog en hertogin van Sussex onlangs die eerste keer ’n amptelike besoek in hul graafskap aflê. Die jonggetrou­des het die sjarmekran­e wyd oopgedraai vir hul warrelwind­besoek aan Sussex se hoofdorpe: Chichester, Bognor Regis, Brighton en Peacehaven.

Oud en jonk het geswig voor die liefde en warmte wat prins Harry en Meghan uitgestraa­l het, nie net vir die skares langs die straat nie, maar ook vir mekaar. Hulle kon skaars hul oë en hande van mekaar af hou.

Die koninklike egpaar het die groetery as veel meer as ’n blote amptelike plig beskou: Hulle het geesdrifti­g gesels, vreemdelin­ge se blad geskud, uitgevra en geglimlag.

Vir die ouer toeskouers was dit duidelik die rooikoppri­ns is sy ma se kind, want net soos Diana destyds het hy elke moontlike hand geskud en selfs ewe galant ’n bejaarde vrou se hand gesoen.

En Meghan? Wel, daardie skitterwit glimlag het sonder ophou geflits en sy het weer haar gawe gewys om regtig te luister wanneer iemand met haar gesels. Sy het so op haar gemak gelyk, ’n mens sou sweer sy’s met blou bloed gebore.

“Sy was so ontspanne en vriendelik en Harry was net so op sy gemak,” het ’n student, Kieran McNair, gesê nadat sy hulle ontmoet het. “Hulle was te wonderlik vir woorde.”

Die mini-toer was nog ’n voorbeeld van hoe Harry en Meghan nuwe lewe in die stowwerige koningshui­s blaas. Dit het ook bewys die twee is slaggereed vir hul eerste groot toets: ’n uitputtend­e besoek aan Australië, Fidji, Tonga en NieuSeelan­d waar hulle binne twee weke 70 afsprake moet nakom.

Die hoogtepunt van hul reis na Doer Onder wat op 16 Oktober begin, is Harry se passieproj­ek: die Invictus-spele, wat vanjaar in Sydney y yp plaasvind.

Dit is ’n internasio­nale sportgelee­ntheid waaraan mans en vroue deelneem wat beseer is terwyl hulle in hul land se weermag gedien het.

Die Spele het vir die jong koninklike paar spesiale betekenis, want verlede jaar se Spele in Toronto, Kanada, was een van die heel eerste kere dat hulle in die openbaar gewys het hulle is verlief. En dié keer besoek hulle die Spele as man en

vrou en as een van die beroemdste mdste paartjies ter wêreld.

Ingeligtes in die binnekring meen Meghan is effens senuagtig vir die toer wat voorlê.

“Dis haar eerste grote en alles is nuut en nogal uitdagend,” het ’n paleisampt­enaar aan die tydskrif Hello! gesê.

Maar die paleis het soveel vertroue in die nuweling in hul midde dat hulle Meghan selfs op haar eie na ’n paar afsprake stuur sonder die sorgsame Harry aan haar sy.

“Sy is ’n gemaklike spreker,” het die paleisampt­enaar gesê, “en sy sal beslis iets wil sê op sommige van die afsprake wat sy alleen nakom.”

Die toer sal Meghan se kans wees om te skitter, het die koninklike biograaf Ingrid Seward aan Us Weekly gesê.

“Sy weet sy gaan die middelpunt van die kollig wees en almal sal haar wil ontmoet. Dit sal haar grootste rol nog wees en ek is doodseker sy sal goed vaar.”

Wanneer hulle terugkeer, is dit eindelik na hul eie nessie, waar hulle tot verhaal kan kom.

Hulle het tot nou in Harry se twee- slaapkamer­woonstel, Nottingham Cottage, gewoon, maar trek binnekort eindelik na Apartment 1 aan die westekant van die Kensington­paleis.

Die steiers en wit seile waarmee die gebou maande lank toegespan was, is weg, wat beteken die opknapping­swerk wat glo sowat R27,3 miljoen gekos het, is voltooi.

Hul naaste bure, wat net met ’n binnedeur van hulle geskei word, is die hertog en hertogin van Cambridge met hul drie kleingoed, die prinsies George en Louis en prinses Charlotte. Nou het Harry en Meghan altesaam 21 vertrekke met baie

ruimte om te vul.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Meghan en Harry by die Joff-jeugsentru­m in Peacehaven. LINKS en NAASLINKS: Die egpaar was nooit ver van mekaar terwyl hulle inwoners in Bognor Regis en Brighton ontmoet het nie.
HOOFFOTO: Meghan en Harry by die Joff-jeugsentru­m in Peacehaven. LINKS en NAASLINKS: Die egpaar was nooit ver van mekaar terwyl hulle inwoners in Bognor Regis en Brighton ontmoet het nie.
 ??  ?? LINKS: Prins Harry soen ’n aannhanger se hand. REGS: S: Meghan se e peperduur r modesmaak ak het die oë laalaatat rek. Maar dit bewysewwys ook sy is ’n sterkrk vvrou wat haar eieie sstyl op koninklike vovooroors­krifte afdruk. ruk k.
LINKS: Prins Harry soen ’n aannhanger se hand. REGS: S: Meghan se e peperduur r modesmaak ak het die oë laalaatat rek. Maar dit bewysewwys ook sy is ’n sterkrk vvrou wat haar eieie sstyl op koninklike vovooroors­krifte afdruk. ruk k.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa