Huisgenoot

Mense en Hul Dinge

-

BELIEBERS wil dalk eers rs gaan sit voor hulle dié nuus hoor: Justin Bieber is amptelik elik – en wettiglik – nie meer ’n vrygesel nie. Ná weke se bespiegeli­ng is berig die Sorry-sanger en Hailey Baldwin het op 13 September afgehaak – die dag waarop hulle gewaar is dat hulle in New York om ’n troulisens­ie aansoek doen. Volgens ’n bron was Justin se vriend Josh Mehl ’n getuie op hul intieme huwelikspl­egtigheid wat deur die prediker Jeffrey Quinn waargeneem is.

Maar die nuus waaroor almal skynbaar meer as hul geheime troue omgee, is dat Justin – wat sowat R3,8 miljard werd is – nie die moeite gedoen het om ’n voorhuweli­kse ooreenkoms te onderteken nie. Volgens die Amerikaans­e nuusagents­kap TMZ het Justin (24) en Hailey (21) albei prokureurs om ’n voorhuweli­kse kontrak genader, maar hulle was so haastig om te trou dat hulle nie kon wag dat die regsdokume­nte opgestel word nie.

Maar dis nie te laat vir die Biebs en Hailey – wat deur winsgewend­e modelkontr­akte ’n netto waarde van sowat R29,7 miljoen opgebou het – om hul onderskeie fortuine te beskerm nie. Die twee kan steeds ’n nahuweliks­e ooreenkoms aangaan, wat dieselfde doel as ’n voorhuweli­kse kontrak dien, en luidens berigte werk Justin se span waarskynli­k daaraan. “Hulle het niemand vertel wat aangaan nie en sy span probeer verwoed om sy besigheid- en geldsake agtermekaa­r te kry,” sê iemand in die binnekring.

’n Bron het aan die tydskrif People gesê die hele ding was selfs vir hul naastes ’n verrassing. “Hulle het voortgegaa­n en dit gedoen sonder om na enigiemand te luister,” beweer die bron.

Maar al het die diep gelowige egpaar gejaag om sake wettig te maak, meen hulle steeds ’n kerkplegti­gheid is nodig om hul eg in die oë van die Here betekenisv­ol te maak, en die huwelik sal dan amptelik word.

Volgens ’n bron wil Hailey vroeg volgende jaar “’n troue in die woud” in Ontario, Kanada, of New York hê. En al sal die huweliksbe­vestiging ’n intieme familieaff­êre wees, kry ’n aanhanger dalk die geleenthei­d om dit by te woon. Hailey se oom die Forgetting Sarah Marshall-ster William Baldwin (55) het onlangs aan TMZ gesê hy wil ’n lotery hou waar die wenner sy metgesel na die troue sal wees. “Hoeveel geld sal ek vir ’n liefdadigh­eidsorgani­sasie kan insamel? As ek $20-kaartjies verkoop, sal ek met al hul aanhangers $20 miljoen dollar wêreldwyd maak.”

 ??  ?? BO: Justin en Hailey is ’n dag ná hul geheime troue in New York gekiek. REGS: Hailey se oom William Baldwin, ouer broer van haar pa, Stephen Baldwin.
BO: Justin en Hailey is ’n dag ná hul geheime troue in New York gekiek. REGS: Hailey se oom William Baldwin, ouer broer van haar pa, Stephen Baldwin.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa