Huisgenoot

VRY EN RYK DANKSY ÉÉN WOORD

Die gonswoord ‘internet’ het destyds Jack Ma se lewe gered, waarna hy die aanlyn reus Alibaba begin het; nou wil hy aftree

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

TOE hy verlede maand aankondig hy wil oor ’n jaar uittree as voorsitter van die maatskappy wat hy gestig het, was dit as een van die heel rykste mense op aarde.

En dít te danke aan ’n woordjie wat ook eenmaal sy lewe help red het . . .

Toe die Chinese sakeman Jack Ma (nou 54) op ’n dag in 1995 in die loop van ’n vuurwapen vaskyk, het hy baie vinnig die woord “internet” gebruik om hom uit die verknorsin­g te red.

Jack het toe nog nie eens die internet verstaan nie, maar tydens dié voorval is die saadjie geplant vir die e-handelsreu­s Alibaba, sy multimilja­rdrand-ondernemin­g wat hom sedertdien een van die wêreld se rykste mense gemaak het.

Vandag is dié Chinese entreprene­ur se naam hoog op die gesaghebbe­nde Forbeslys van rykes en invloedryk­es, maar toe hy destyds as 39jarige Amerika toe gereis het as tolk vir ’n groep sakemanne, het hy namens ’n Chinese vriend skuld by ’n sakeman in Kalifornië gaan invorder. Die Amerikaner was nie van plan om die geld terug te betaal nie en ’n verhaal soos iets uit ’n Hollywooda­ksieprent het ontvou: Die man het Jack twee dae met ’n vuurwapen in sy Malibu-woonstel as gyselaar aangehou.

Toe Jack besef hy is lelik in die knyp, het hy skielik die nuwe gonswoord onthou: internet! Hy het die sakeman belowe as hy hom vrylaat, sal hy sy vennoot word en saam met hom ’n interneton­derneming begin. Die man het vir die voorstel geval, maar Jack is vort en het die skuldenaar nooit weer gekontak nie. Tog het Jack sy idee ingespan en sy interneton­derneming begin.

Hy is vanjaar no. 20 op Forbes se 2018lys van die rykste mense in die wêreld en spog met ’n persoonlik­e bankbalans van sowat R590 miljard. Sy e-handelsake­ryk, Alibaba – waar sowat ’n miljoen verskaffer­s wêreldwyd enigiets van luukse goedere tot kruidenier­sware verkoop – is na raming sowat R6,2 biljoen werd en een van die grootste 10 maatskappy­e ter wêreld.

So voorspoedi­g gaan dit dat Jack, die pa van twee volwasse kinders – ’n seun en dogter – verlede maand aangekondi­g het hy wil oor ’n jaar aftree as Alibabavoo­rsitter. Hy wil hom eerder toespits op die filantropi­ese werk van sy Jack Ma-stigting.

Maar al loop Jack se beker vandag behoorlik oor – met sy bultende bankbalans en kennisse wat wêreldleie­rs en die sake-elite insluit – was sy pad na sukses vol duwweltjie­s . . .

aan die kook te hou. Jack het met skoolwerk gesukkel en die maer leerder het baie met boelies baklei. “Ek was nooit bang vir teenstande­rs wat groter as ek was nie,” onthou hy.

Om Engels te leer, het Jack as kind met die toeriste by die Hangzhou- Internasio­nale Hotel begin gesels en gereeld briewe vir van sy nuutgevond­e vriende geskryf. Hy het “Jack” geword omdat die Engelsspre­kende toeriste nie sy Chinese naam, Ma Yun, kon baasraak nie.

Vier jaar nadat hy sy skooloplei­ding voltooi het, het hy steeds gesukkel om universite­itstoelati­ng te kry, maar in 1988 het Jack eindelik sy B.A.-graad in Engels aan die Hangzhou-onderwyser­skollege verwerf. Dis waar hy sy vrou, Cathy Zhang Ying, ’n medestuden­t, ontmoet het. Cathy is ook van China en was voorheen ’n onderwyser­es.

Ná sy studie was hy ’n dosent in Engels en internasio­nale handel aan die Hangzhou Dianzi-universite­it, maar Jack het reeds groter toekomspla­nne gekoester. Hy het sonder enige sukses vir meer as 30 werke aansoek gedoen en sy aansoek om toelating tot Amerika se roemryke Harvard-universite­it is 10 keer afgekeur.

DIE GEBOORTE VAN ALIBABA

Ná sy noue ontkoming in Malibu wou Jack graag vir sy vriende in China, waar die internet nog betreklik onbekend was, wys hierdie nuwe ding bestaan inderdaad.

Hy het ’n paar mense vir drankies oorgenooi en met hul aankoms ’n webtuiste op sy rekenaar oopgemaak. “Drie en ’n half uur later was daar net ’n halwe blad wat gelaai het. Maar ek was so trots; ek het bewys die internet bestaan!” sou Jack later onthou.

Toe hy op die wêreldwye web begin rondsnuffe­l, was hy teleurgest­eld dat so min inligting oor China en sy talle ondernemin­gs beskikbaar is.

Hy besluit toe om een van China se eerste kommersiël­e webtuistes, China Pages, te begin.

Saam met Cathy het hy R7 260 ingesamel en ’n webtuiste begin wat webtuistes vir Chinese ondernemin­gs skep. Toe dit misluk, het hy in 1999 sowat R367 200 van 17 vriende geleen en die e-handelsweb­tuiste Alibaba.com sommer in sy woonstel in Hangzhou begin.

Jack vertel graag hoe hy op die naam Alibaba gekom het. Hy was op soek na ’n naam wat maklik is om te spel en internasio­naal aanklank sou vind.

Hy het eendag in ’n koffiekroe­g in San an Francisco gedink aan Ali Baba, ’n goeie eie karakter uit die bekende Arabiese vertelelli­ngs van Duisend-en-een-nag. Hy vra ra toe ’n kelnerin of sy die naam ken, en daarna nog mense op straat. “Mense se van Indië, Duitsland, Tokio en China het et almal geweet van Ali Baba,” onthou Jack k die oomblik toe hy besluit het dís die ie naam.

DIE GROEI VAN SY SAKERYK

Die webtuiste, waar mense enigiets van n visolie tot nartjies of duursame meu- bels kan koop, was so suksesvol, dit het t binne twee jaar wins gemaak. Jack en n sy groep medestigte­rs wou klein n ondernemin­gs help omdat hulle geglo glo het “die internet sal die speelveld gelykmaak en klein ondernemin­gs in staat stel om met innovasie en tegnologie doeltreffe­nder te groei”.

Vandag is Alibaba ’n globale, digitale reus met ’n ryk wat strek van e-handel en digitale bankdienst­e tot aanlyn boodskappe en filmproduk­sie.

Alibaba is ook hier in Suid- Afrika beskikbaar. Wanneer jy “Alibaba” en “South Africa” in die soekenjin Google tik, kry jy die Suid-Afrikaanse kanaal op hul webtuiste. Daar kan kopers van hier en die res van die wêreld van “geverifiee­rde” Suid-Afrikaanse verskaffer­s produkte koop. Dit sluit alles van groentesaa­d tot papajas en masjinerie in. Die pryse word in dollars aangedui. Jy kan droë vrugte vanaf sowat R22,50 per kilogram of roomysstok­kies vir R150 aankoop.

Plaaslike verskaffer­s kan Alibaba ook nader om hul goedere op die webtuiste te verkoop.

Alibaba se kuberwinke­ls het die Chinese werkerskla­s toegang tot aanlyn handel gegee en ook duisende werkgeleen­thede in dié land asook elders in die wêreld geskep.

In 2009 het hy die fenomenaal suksesvoll­e Singles Day-uitverkopi­ng begin om aanlyn verkope ’n hupstoot te gee. Op dié Chinese vakansieda­g – jaarliks op 11 November – vier alleenlope­rs hul enkellopen­heid, en dié verkoping maak nou jaarliks meer geld as die soortgelyk­e Black Friday- en Cyber Monday-verkoping sáám.

Verlede jaar het Singles Day ’n hele R370 miljard uit aanlyn wins kopies wêreldwyd gemaak.

Jack besit glo meer as 7,8% van die aandele in Alibaba. Hy sal nooit regtig tot siens kan sê nie, meen Duncan Clark, skrywer van die boek Alibaba: The House That Jack Ma Built. “Hy geniet soveel steun en het so ’n goeie reputasie in die maatskappy dat dit nie saak maak watter titel hy het nie (hy sal steeds invloed hê),” verduideli­k hy.

Hy is bekend as ’n plat-op-die-aardebaas met ’n kunstenaar­streep, en die flambojant­e Jack het al by maatskappy­geleenthed­e opgedaag uitgevat as die oorlede sanger Michael Jackson.

Daniel Zhang (46), tans Alibaba se uitvoerend­e hoof, gaan Jack as voorsitter opvolg en waarnemers verwag groot veranderin­gs wanneer die “ernstiger” Daniel die leisels oorneem.

“Jack is baie, baie kreatief. Ek is die ou wat my voet neersit,” het Daniel laas jaar self aan die Financial Times gesê.

Hoe dit ook al sy, dit gaan dalk moeilik wees om die sukses van die enigmaties­e Jack te oortref.

 ??  ?? HOOFFOTO: Jack Ma is vandag een van die invloedryk­ste mense in die wêreld. ONDER: Hy het al verskeie kere op die voorblad van die tydskrif Forbes gepryk.
HOOFFOTO: Jack Ma is vandag een van die invloedryk­ste mense in die wêreld. ONDER: Hy het al verskeie kere op die voorblad van die tydskrif Forbes gepryk.
 ??  ?? Jack (links) het destyds as kind by toeriste geleer hoe om Engels te praat.
Jack (links) het destyds as kind by toeriste geleer hoe om Engels te praat.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Jack is deur Bill Gates (links) geïnspiree­r om sy Jack Ma-stigting te stig.
Jack is deur Bill Gates (links) geïnspiree­r om sy Jack Ma-stigting te stig.
 ??  ?? Jack en sy vrou, Cathy Zhang Ying, in 1996 in hul kantore.
Jack en sy vrou, Cathy Zhang Ying, in 1996 in hul kantore.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa