Huisgenoot

MEGHAN SE MINI-REBELLIE

-

Soos altyd kon mense nie ophou praat oor wat Meghan aangetrek het nie. Anders as Kate, wat nie omgee om winkelkler­e te dra nie, w was Meghan se uitrusting haute couture van kop tot tone. Sy was stylvol in ’n donkergroe­n leerromp deur Hugo Boss van R7 196 en ’n bloes van R1 346 deur & Other Stories, onder ’n sagte roomkleuri­gg kleurige Armani-jas van R39 000. Haar satynhands­ak deur Gabriela Hearss Hearst het R32 858 gekos, wat die totale koste op sowat R80 400 te staan gebring het. Meghan het boonop nie ’n enkele Britse ontwerp vir haarr haar Sussex-besoek gedra nie. HHo Hoewel sy meestal die koninklike reëls nakom, soos die bleek sykouu kouse en baie beige, dink die Suid-Afrikaanse lyftaalken­ner Denise Bjoo Bjorkman Meghan se duur, onpatrioti­ese uitrusting was ’n klein rebee bellie van haar kant. Hoewel die vorm en styl ingepas het by koninklike voorskrift­e, het Megg Meghan haar eie styl daarop afgedruk. “Haarr “Haar konstante keuse van kuis klere dui op haar behoefte om aanvaar te wordd word en in te pas,” verduideli­k Denise. “Sy wew weet sonder twyfel van Fergie, prins Andrew se eksvrou, se modeflater­s e en van Diana se flirtasie met klere wat dalk net ’n bietjie te veel vel gewys h het,” sê sy. “Mee “Meghan herdefinie­er haar rol in die koninklike familie met tikkies van h haarself. Sy wys sy is haar eie besluitnem­er.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa