Huisgenoot

RONALDO VERKLA DATHY VERKRAG

-

HY IS verstommen­d talentvol, fabelagtig ryk, die pa van vier pragtige kinders en word as een van die aantreklik­ste mans in die sportwêrel­d beskou. Maar ’n donker wolk hang oor Cristiano Ronaldo se sprokiesle­we; een wat die goue seun van internasio­nale sokker op sy knieë kan dwing. Die 33-jarige Portugese superster is die jongste beroemde wat die angel van die #MeToo-beweging voel wat talle magtige mans as seksuele misbruiker­s ontbloot het.

Kathryn Mayorga (34), ’n voormalige danseres en model, het Ronaldo daarvan beskuldig dat hy haar in 2009 in ’n hotel in Las Vegas verkrag het nadat hulle mekaar in ’n nagklub ontmoet het. Sy beweer hy het hom op haar afgedwing, al het sy gesmeek hy moet ophou. Toe hy klaar is, sê sy, het hy sy optrede verklaar deur te sê hy is “99 persent ’n goeie ou” wat “deur die 1 persent” in die steek gelaat is.

Al het sy die saak agterna aangemeld, het dit nooit die hof gehaal nie omdat Ronaldo se regspan glo duisende dollars vir haar stilte betaal het.

Die polisie van Las Vegas het die saak heropen. Haar prokureur sê Kathryn ly aan posttrauma­tiese stressteur­ing en het haar werk as onderwyser­es weens haar “emosionele toestand” laat vaar.

Maar #MeToo het haar aangespoor en Kathryn soek nou geregtighe­id, sê hy.

Ronaldo het die bewerings dadelik as vals afgemaak. “Nee, nee, nee, nee, nee,” het hy in ’n video op Instagram gesê ure nadat die hofsaak aanhangig gemaak is terwyl hy vir die kamera glimlag. “Wat hulle vandag gesê het? Vals, vals nuus.”

Maar sake lyk nie goed vir die atleet nie. Twee vroue wat in 2005 klagte van aanranding teen Ronaldo ingedien het, kan ook nou weer opgediep word.

Dit alles kan die ontwerpers­lewe bedreig wat Ronaldo, wat R6,75 miljard werd is, vir homself opgebou het. Teen ons druktyd het sy lewenskont­rak van R15 miljard met Nike wankelrig gelyk. Die sportdragr­eus, wat oor die afgelope 15 jaar meer as 70 stewels met Ronaldo se naam op geskep het, het gesê hulle is “diep besorg” oor die bewerings.

EA Sports, wat Ronaldo lank op die gesig van hul videospele­tjie gebruik het, deel dié sentiment. Maar die man self lyk nie besorg nie. “Ek sal kalm op die uitkoms van enige ondersoeke wag,” het hy op Twitter geskryf. “Want my gewete pla my nie.”

 ??  ?? In sy eerste verskyning sedert die skandaal bekend geword het, is die Real Madrid-doelskiete­r as toeskouer by ’n Kampioenel­iga-wedstryd in Turyn, Italië, opgemerk. Sy meisie van twee jaar, Georgina Rodriguez (23), by wie hy ’n dogter, Alana (11 maande) het, was by hom.
In sy eerste verskyning sedert die skandaal bekend geword het, is die Real Madrid-doelskiete­r as toeskouer by ’n Kampioenel­iga-wedstryd in Turyn, Italië, opgemerk. Sy meisie van twee jaar, Georgina Rodriguez (23), by wie hy ’n dogter, Alana (11 maande) het, was by hom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa