Huisgenoot

Johnny&Amber KRYSTEKEIN

-

Vier V maande gelede het Johnny Depp ’ ’n n nou berugte onderhoud aan Rolling Stone toegestaan wat oor die loop van drie aande plaasgevin­d het. Daarin het die Black Massster vertel hy bestee meer as R450 000 per maand aan wyn en het ná sy egskeiding van Amber Heard in ’n diep depressie verval.

Die 55-jarige akteur het die onderhoud sedertdien ’n “bedrogspul” genoem en beweer die joernalis het hom “bedrieg”.

Maar Johnny het steeds nie sy les geleer nie; hy het weer met ’n joernalis gepraat. Hy het aan die Britse uitgawe van die manstydskr­if GQ sy hart uitgestort oor Amber se bewerings van mishandeli­ng. Hy beskuldig die 32-jarige aktrise selfs daarvan dat sy die kneusplekk­e vervals het wat sy as bewys in hofdokumen­te gebruik het.

“Iemand seermaak wat jy liefhet? ’n Soort boelie? Nee, dit het nie, dit kon nie eens soos ek geklink het nie. Aanvanklik het ek my mond toe gehou,” sê hy. “Ek kwel my oor die mense wat dit geglo het en ek bekommer my oor haar. Dit is nie reg nie. Ek sal nooit ophou baklei nie. Dit verg tyd om te verwerk.”

Op die vraag of hy haar “die liefde van sy lewe” sou noem, sê hy: “Wel, iets. Ek het op die een of ander manier met haar getrou.”

Die pa van Lily-Rose (19) en Jack (16, sy regte naam is John Christophe­r) by sy voormalige lewensmaat, die model Vanessa Paradis (45), het ook vertel hoe die bewerings sy kinders geraak het.

“Hoe kon iemand, enigiemand, met so iets teen iemand uitkom, wanneer absoluut geen waarheid daarin steek nie? Ek is seker dit was nie vir my 14-jarige seun maklik om skool toe te gaan nie. Hoekom moes hy dit deurmaak? Hoekom moes my dogter dit deurmaak?”

Kort nadat die uitgawe op die rakke verskyn het, het Amber se prorokureu­r die tydskrif ’n platform vir “sielsielku­ndige mishandeli­ng” genoem. “As GQ ’n basiese ondersoek na mnr. Depp se bewerings gedoen het, sou hulle vinnig besef f het sy stellings is vals,” lui die verklaring.

Maar volgens ’n bron is Johnny nog nie klaar gepraat nie en oorweeg hy dit om ’n boek te skryf. “Johnny het die pynlikste paar jare van sy lewe verduur en ’n deel van hom wil net hê mense moet weet hy is ’n goeie ou,” beweer die bron. “Hy het die behoefte om sy memoires te skryf, nie net om homself en die pyn wat hy ervaar het te verstaan nie, maar ook om met die wêreld te deel dat hy nie in die regte lewe ’n skurk is nie.”

Dit is dalk nie ’n slegte idee nie. Maar dan kan hy ook niemand daarvan beskuldig dat hulle woorde in sy mond lê nie. BRONNE: THEHOLLYWO­ODREPORTER.COM, ETONLINE.COM, GQ.COM

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Johnny se kinders, Lily-Rose en Jack, staan bankvas agter hul pa.
Johnny se kinders, Lily-Rose en Jack, staan bankvas agter hul pa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa