Huisgenoot

Redaksiele­de beproef mooimaakpr­odukte

Van Huisgenoot se redaksiele­de het skoonheids­produkte getoets – hier sê hulle hul sê

- Deur NTHABISENG MAKHOKHA Foto’s PAPI MORAKE

Jana van der Merwe (35), joernalis lis BioNike Defence Hairpro Restructur­ing Nourishing Mask, R89,95

“Ek stryk gereeld my hare met ’n tang en het ook voorheen gereeld blonde ligstrepie­s in my hare laat sit. Al laat ek dit al ’n paar maande lank uitgroei, sukkel ek steeds met droë, gesplete punte. Nadat ek my hare gewas het, het ek BioNike se Defence Hairpro Restructur­ing Nourishing Mask vir beskadigde hare gebruik en dit mildelik aan die punte gesmeer. Toe ek soos gewoonlik my hare droogblaas en stryk, kon ek voel dis veel sagter en minder kroeserig. Dit het ook daardie lekker ‘salonhare’-gevoel.”

Fahmida Chand (41), fotoredakt­e fotoredakt­eur Eucerin Dermo Purifyer Oil Control Toner, R178

“Ek is ’n groot aanhanger van Eucerin. Ek gebruik Eucerin Dermo Purifyer Oil Control Toner nou al ’n week en is tevrede daarmee. Die verfrisser reinig my vel sonder om dit uit te droog en ek het geen veluitslag gekry sedert ek dit begin gebruik het nie. Ek het die verfrisser gebruik nadat ek my gesig met Eucerin Dermo Purifyer Oil Control Cleansing Gel gewas het. Ek dink die produk is goeie waarde vir geld.”

Michelle Nortje (30), joernalis Schwarzkop­f BlondMe Tone Enhancing Spray Conditione­r, R189

“Ek dink niemand wat hul hare blond kleur, hou van die geel skynsel in hare waarin pas ligstrepie­s gesit is nie. Ek het my lewe lank blonde hare en weet hoe dit voel as jy geel skynsels raaksien wanneer jy net vars, blonde hare wil hê. Gelukkig kan dié produk jou van geel skynsels help ontslae raak. Ek het net die produk aan my droë hare gespuit en die blonde kleur het werklik varser en helderder sonder die geel geword. Die inlosprodu­k werk soos ’n droom.”

As jy gereeld ’n warmtang en haardroër gebruik, moet jy ook gereeld jou hare pamperlang As jy maklik puisies kry, moet jy daagliks by ’n streng velroetine hou om dit te verhoed Gebruik spesiale produkte wat gekleurde hare voed en versorg sodat jou kleur langer vars lyk

Shanaaz Prince (30), joernalis Hair Gum Shine Cream, R179

“Ek moet erken die produk het my ’n bietjie verwar. Dis ’n glansroom in ’n swart fles en daar word melding gemaak van ’n ‘shiny wax’; daarom het ek dadelik aangeneem die produk sou ’n waks wees om my hare op hul plek te hou. Toe ek dit gebruik, het ek egter gevind die samestelli­ng is eerder soos dié van ’n opknapper. Dit het my krulle sag en blink gemaak pleks van styf soos ek aanvanklik verwag het. Die geur is heerlik en gee jou hare ’n mentreuk. Ek hou van die produk, maar dalk moet ‘wax’ uit die naam gelaat word, want ’n mens verwag nie ’n opknapping­sroom wat glans gee nie.”

Marizka Coetzer (28), joernalis Dr. Paw Paw Lip Balm, R95

“Waarom ek van dié produk hou, is dat jy met ’n bietjie ver kom. Die lipsalwe wat ek gewoonlik gebruik, werk goed genoeg, maar het nie die besonder bevogtigen­de en strelende uitwerking wat dié produk het nie. Ná slegs ’n paar dae se gebruik het ek nie meer las gehad van gebarste lippe nie. Dit blink ook nie te veel nie en laat jou met ’n natuurlike­r voorkoms en gevoel, en die produk het lank aan my lippe gehou. Ek het dit ook aan my hande en elmboë beproef, want dit is gewoonlik droog, en dit werk uitstekend.”

Cyril Blackburn (25), joernalis La Roche-Posay Pigmentcla­r Eyes Anti-Dark Circle Brightenin­g Care, R242

“In die hedendaags­e vinnige wêreld is ons baie dikwels geneig om ons vel af te skeep. Ek is nie minder skuldig as die duisende ander wat dit daagliks doen nie. Vir iemand wie se vel geneig is tot vlekke, veral wanneer ek gespanne is, minder slaap of nie reg eet nie, het die oogroom regtig wondere verrig. Natuurlik sal niks werk as jy dit vir ’n aand of twee gebruik nie, maar ná ’n week het ek regtig ’n verskil in die donker kolle en onegalige velkleur gesien. Ek het ervaar dit werk selfs beter wanneer ek dit met ’n goeie dagroom kombineer, want die area onder jou oë voel dan langer bevogtig.”

Gebruik ’n ligte vogmiddel om krulhare te voed en te laat blink. Wend dit aan deur jou hare in jou vuiste in bondeltjie­s te druk Dis baie lekker om veeldoelig­e produkte in jou handsak te hê, want dan hoef jy soveel minder goed rond te dra. Dit help jou ook geld bespaar Gebruik jou ringvinger om oogroom aan te wend, want dan gebruik jy minder krag en rek dit nie die delikate vel nie

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa