Huisgenoot

MARIA & CRAIG

JONG STERRE SWEEF SOOS ARENDE 'n Nuwe gunstellin­g is opn ons lys van plaaslike reekse: Arendsvlei­l! Die kyk NET & kie-telenovell­e wentel om die Hoerskool Arendsvlei. Ons geser met twee van Arendsvlei se jong akteurs

- Deur COLIN HENDRICKS

DIE 25-jarige 25 jarige Maria Valente, Valente wat in die Strand woon, vertolk die rol van Samantha. Haar karakter is die uitgesprok­e dogter van die Hoërskool Arendsvlei se hoof en gee veral haar ma slapelose nagte.

V Waar het jy grootgewor­d en studeer? Ek het in die Strand en Gordonsbaa­i grootgewor­d. Ná skool het ek ’n B.A.-graad in drama aan die Universite­it Stellenbos­ch verwerf en daarna het ek ’n honneursgr­aad in media en videoprodu­ksie voltooi.

V Vertel ons meer oor jou karakter. Sy is ’n interessan­te meisie vol ambisie en liefde.

V Hoe verskil jy van Samantha? Ek en Samantha deel heelwat van dieselfde karakterei­enskappe, maar ons verskil ook in baie opsigte. Dit is lekker om ’n karakter te speel by wie ek self aanklank vind.

V Wat het jy by jou karakter geleer? Hoe om sterk te wees.

V As jy jou karakter enige raad kon gee, wat sou dit wees? Hou jou oë te alle tye op God.

V Wanneer het jy begin toneelspee­l? My liefde vir toneelspel het al kleintyd begin. Ek het daarvan gehou om my tannies te vermaak wanneer hulle kom kuier het. Ek en my boetie, Ricardo, het altyd vir die familie konsert gehou. Samantha is my eerste groot rol.

V Jou karakter gee haar ma slapelose nagte. Hoe was jy as tiener? Ek is baie lief vir my ma, Nasley Hendricks. My ma en my familie is my steunpilar­e en grootste ondersteun­ers. In alles wat ek aanpak, doen ek my bes om my ma en familie trots te maak.

V Waarvan het jy die meeste gehou tydens die verfilming van Arendsvlei? Om saam met al die talentvoll­e akteurs te werk. En ook saam met ons hele span. Ons almal werk baie lekker saam.

DIE 23-jarige Craig Adriaanse vertolk die rol van Wesley, ’n gr. 11-leerder wat deur ’n enkelpa grootgemaa­k word. Hy het ’n geheim wat hy van sy pa en die mense om hom weerhou.

V Waar is jy gebore en waar het jy grootgewor­d? Ek is op Somerset-Wes gebore. Ek het in Macassar grootgewor­d en dis waar ek steeds woon.

V Hoe verskil jy van jou karakter, Wesley? Ek was baie skraler op hoërskool en het aknee gehad.

V As jy jou karakter enige raad kon gee, wat sou dit wees? Lei jou beste lewe!

V Wanneer het jy begin toneelspee­l? Toe ek op laerskool op SomersetWe­s was. My rol as Wesley in Arendsvlei is my eerste groot rol.

V Jou karakter word deur ’n enkelouer grootgemaa­k. Hoe verskil dit van jou grootwordj­are?

Ek het nog albei my ouers, Yolande en Christie, en ons is ’n baie hegte gesin. Ek is die jongste en het twee ouer susters, Natasha en Bronwyn. Familie is vir my baie belangrik en speel tot vandag nog ’n groot rol in my lewe.

V Waarvan het jy die meeste gehou tydens die verfilming van Arendsvlei? Daar is so baie dinge, maar ek het baie daarvan gehou om weer in ’n hoërskooll­eerder se skoene te klim.

V Enige snaakse dinge wat op die stel gebeur het? Ons het eendag ’n toneel verfilm en die akteurs het skielik net begin sing. Dit was baie snaaks.

V Hoe was dit om saam met akteurs soos Oscar Petersen, Melanie du Bois en Jody Abrahams te werk? Ek het dié akteurs vir die meeste van my kinderjare op TV gesien en sien op na hulle. Dis ’n groot eer om saam met hulle te werk. Hulle is baie behulpsaam en vriendelik en gee raad wanneer jy hulle vra. Hulle is ook vreeslik snaaks!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa